Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Wat behels die Vlak 1-permit vir hoogs geskoolde persone in Brittanje? Breytenbachs vertel


Breytenbachs - 2008-09-09

Vraag

Ek wil vreeslik graag in Brittanje gaan werk. Ek het egter te laat gewag en kwalifiseer nie meer ouderdomsgewys vir die tweejaar-werksvakansievisum nie. Ek is gegradueerd en het my eie besigheid hier in Suid-Afrika wat baie goed vaar, maar wil graag bietjie my vlerke sprei. Is daar ’n tipe permit waarvoor ek sal kan kwalifiseer vir Brittanje?

Antwoord

Dit klink of jy ’n uitstekende kandidaat is vir die baie gewilde Vlak 1-permit vir hoogs geskoolde persone. Hierdie permit laat jou toe om in Brittanje te woon en werk, sonder enige werksbeperkings. Jy kan dus jou eie onderneming begin, of vir ’n werkgewer werk, of selfs die twee kombineer. Dit bied dus baie vryheid vergeleke met ander tipes permitte en visums wat jou nie altyd dieselfde vryheid in terme van werksgeleenthede bied nie.

Die ander voordeel van dié tipe permit is dat jy na vyf jaar kan kwalifiseer vir permanente verblyf in Brittanje. Na een verdere jaar kan jy aansoek doen om Britse burgerskap, en as jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap beskerm, kan jy dubbele burgerskap verkry.

Ons sou definitief aanbeveel dat jy ons kontak om te bepaal of jy vir hierdie tipe permit kwalifiseer, wat na die beste opsie lyk in jou geval.

Kontak gerus ons kantoor vir meer inligting of besoek ons webwerf, waar jy meer kan lees oor dié tipe permit.

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.