Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynforum

Suid-Afrika maak skoonskip by Decanter-wyntoekennings


Adam Lechmere - 2008-09-08

Op 'n aand wat vir verskeie verrassings gesorg het, het Suid-Afrika met die louere weggestap by die onlangse internasionale Decanter-wyntoekenningsgeleentheid.

Suid-Afrka het 12 streektrofeë en 'n verstommende ses internasionale trofeë ingepalm, onder andere die internasionale trofee vir Bordeaux-variëteite (Onder £10) en die internasionale trofee vir Rhône-variëteite (Onder £10).

Cederberg Shiraz het die Rhône-kategorie gewen, terwyl Amani-landgoed se Cabernet Franc-Merlot met die Bordeaux-trofee weggestap het.

Net 26 internasionale trofeë is toegeken. Die enigste ander streek wat naastenby hierby kon kers vashou, was Australië met vier toekennings, maar hulle skryf honderde wyne meer as Suid-Afrika in.

Te midde van hierdie kwaai mededinging het Suid-Afrika skoonskip gemaak in die Chardonnay-kategorie deur die internasionale trofeë in die Onder £10- én die Oor £10-kategorieë te wen met Paul Cluver Elgin en Rustenberg Five Soldiers onderskeidelik. Sodoende het Suid-Afrika die beste uit Boergondië, Australië en die staat Washington geklop.

Daarna het hy die internasionale Sauvignon Blanc-trofee vir Onder £10 gewen en in die proses topwyne uit Chili en Nieu-Seeland uitgestof.

Kritici van Suid-Afrikaanse wyne, sit dít in jul pype en rook! Of eerder, gooi dít in jul glase en stik!