Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Wyngebeure in September


Johann H Crafford - 2008-09-08

Ry jy te gereeld Jan tuisbly se karretjie? Wel, hier's nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke (en weke) op hul kop gaan keer.

1. Sop-Saterdae: Elke Saterdag tot 13 September tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75 per persoon. Skakel Sunette Rust by (021) 862-3104 of stuur ‘n epos aan nedwines@distell.co.za om te bespreek.

2. Elke dag: Die Huis van JC le Roux in die Devonvallei buite Stellenbosch bied heerlike noga- en Cap Classique-proeë aan. Die koste is R40 per persoon. Skakel (021) 865-8200 om te bespreek.

3. Saterdag en Sondag 13-14 September, Durbanville Hills: Kom vier die Seisoen van Liefde, oftewel die Seisoen van Sauvignon, saam met musiek en vermaak by hierdie bekende wynkelder. En as jy middag- of aandete in die @The Hills-restaurant wil geniet, skakel (021) 558-1337 om te bespreek.

4. Saterdag 13 September, Elgin: Kom stap saam vanaf Paul Cluver Wines op ‘n vier uur lange roete en geniet die skoonheid van die natuur, goeie wyn, verversings en ‘n ligte ete vir slegs R220 per persoon. Skakel (021) 844-0605 om te bespreek, of besoek info@cluver.com .

5. Woensdag 17 September, Vergelegen: Omgewinguitstappie om 08:30 vir 09:00 met bewaringskonsultant Gerald Wright, gevolg deur ‘n kontinentale ontbyt. Die koste is R95 per persoon. Skakel (021) 847-1346 om te bespreek.

6. Saterdag 27 September, Elgin: Kom stap saam vanaf Paul Cluver Wines op ‘n vier uur lange roete en geniet die skoonheid van die natuur, goeie wyn, verversings en ‘n ligte ete vir slegs R220 per persoon. Skakel (021) 844-0605 om te bespreek, of besoek info@cluver.com .

7. Saterdag 27 September, Kaapstad: Die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veiling vind in die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum plaas. Voornemende kopers wat nie die veiling kan bywoon nie, kan vooruit by die Gilde registreer en gebruik maak van hul telefoniese en gevolmagtigde-bieëry-fasiliteite. Om die veiling by te woon, of vir meer besonderhede, besoek www.capewinemakersguild.com of skakel die Gilde-kantoor by (021) 852-0408, of stuur ‘n epos aan info@capewinemakersguild.com.

Stuur inligting vir die maandelikse Wyndagboek na jayhcee@iafrica.com .