Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Hoe nou gemaak dat die HSMP-permit om in Brittanje te woon en werk opgeskort is? Breytenbachs vertel


Breytenbachs - 2008-08-27

Vraag

Ek wou vreeslik graag aansoek gedoen het vir die HSMP-permit om in Brittanje te woon en werk, maar het nou gehoor dié tipe permit is opgeskort. Wat nou?

Antwoord

Dit is inderdaad waar dat die HSMP-permit, of permit vir hoogs geskoolde migrante, opgeskort is. Die goeie nuus is egter dat dit vervang is met die nuwe Vlak 1 vir geskoolde persone – dit is die eerste vlak van die nuwe punte-gebaseerde immigrasie-stelsel wat Brittanje besig is om te implementeer.

Die nuwe Vlak 1-permit vir hoogs geskoolde persone het al die voordele van die ou HSMP-permit - dit lei tot permanente verblyf in Brittanje na vyf jaar op dié tipe permit en daar is geen werksbeperkings op die houer van dié tipe permit nie. Jy kan dus jou eie besigheid begin, of vir enige werkgewer werk, sonder enige administratiewe rompslomp as jy van werk verander, of jy kan indiensname en self-indiensname kombineer. Jy kan ook, soos voorheen, jou afhanklikes saam met jou na die VK neem.

Die kriteria om vir die nuwe tipe permit te kwalifiseer is basies dieselfde as vir die ou HSMP-permit.

Jy moet egter daarop let dat die nuwe permit nou ’n nuwe onderhoud-vereiste het. Jy sal moet kan bewys dat jy ’n sekere bedrag in jou spaarrekening gehad het vir die afgelope drie maande en ook ’n addisionele bedrag vir elke afhanklike wat jou gaan vergesel na die VK, alvorens jy kan aansoek doen.

Dit is regtig die Rolls Royce van Britse permitte en ons beveel sterk aan dat jy daarvoor aansoek doen indien jy kwalifiseer.

Kontak gerus ons kantoor vir meer inligting, of besoek ons webwerf.

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.