Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Wyngebeure in Augustus


Johann H Crafford - 2008-08-11

1. Kaasfondue: elke Vrydag- en Saterdagaand in Augustus bied Haralds Restaurant op die Eikendal-wynlandgoed op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes sy bekende kaasfondue aan. Die koste is R125 per persoon. Skakel Harald by (021) 855 5033 of 082 663 5901 om te bespreek.
2. Sop-Saterdae: Elke Saterdag in Augustus tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75 per persoon. Skakel Sunette Rust by (021) 862 3104 of stuur ‘n epos aan nedwines@distell.co.za om te bespreek.
3. Woensdag 13 Augustus, Vergelegen: Omgewingsuitstappie met bewaringskonsultant Gerald Wright, gevolg deur ‘n kontinentale ontbyt. Ontmoet by wynproesentrum om 08:30 vir 09:00. Die koste is R95 per persoon. Skakel (021) 847 1346 om te bespreek.
4. Saterdag 16 Augustus, Nederburg: Verruil die winterbloutes vir ‘n purperwarm wyn-en-kos-ervaring by die Persië tot Paarl-fees van 11:00 tot 21:00. Die koste is R55 per persoon by deelnemende wynkelders of by Paarl se toerismekantoor, of R65 by die landgoed. Jongmense onder 18 kry gratis toegang. Vir meer inligting, skakel (021) 863 4886, stuur ‘n epos aan info@paarlwine.co.za of besoek www.paarlwine.co.za.
5. Woensdag 20 Augustus, Vergelegen: Wynvatproe om 18:00 vir 18:30 met wynmaker André van Rensburg, gevolg deur ligte aandete. Die koste is R95 per persoon. Skakel (021) 847 2123 om te bespreek.
6. Donderdag 21 Augustus, Kaapstad: Proe ‘n eksklusiewe versameling skaars en besonderse wyne van Suid-Afrika se voorste wynmakers by die 2008 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde se veilingvertoonkas in die Jasminium-konservatorium van die KIKS. Die verrigtinge is van 18:00 tot 21:00, die koste is R100 per persoon en besprekings kan gedoen word by www.capewinemakersguild.com, per e-pos by bookings@capewinemakersguild.com of by (021) 852 0408.
7. Vrydag 29 Augustus, Vergelegen: Viergangmaaltyd, wyn ingesluit, met wynmaker André van Rensburg en sjef Henrico Grobbelaar om 19:30 vir 20:00 in die Lady Phillips Restaurant. Die koste is R270 per persoon. Skakel (021) 847-1346 om te bespreek.

Stuur inligting vir die maandelikse Wyndagboek na jayhcee@iafrica.com.