Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Kan ek in Brittanje gaan kuier nadat ek die vorige keer my visumvoorwaardes oortree het? Breytenbachs antwoord


Breytenbachs - 2008-08-04

Vraag

Ek was voorheen in Brittanje gewees met ’n studentevisum en het twee weke langer in die land gebly as wat my visum toegelaat het. Ek is nou uitgenooi om by vriende te gaan kuier en wil baie graag gaan, maar is bang dat ek by die doeane voorgekeer gaan word en terug na Suid-Afrika gedeporteer gaan word as hulle agterkom ek het my visum op ’n vorige besoek oorskry. Is daar enigiets wat ek kan doen om dit te verhoed?

Antwoord

Suid-Afrikaanse burgers benodig normaalweg nie ’n visum om Brittanje te besoek as ’n toeris nie en kan by immigrasiebeheer in Brittanje ’n besoekersvisum kry vir ’n tydperk van ses maande.

’n Vorige oortreding van Britse immigrasiereëls word egter as ’n baie ernstige oortreding beskou en is genoeg rede vir ’n immigrasiebeampte om iemand terug te deporteer na sy land van herkoms.

In jou geval sal dit die beste wees om vooraf aansoek te doen vir ’n besoekersvisum by die Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, voor jou vertrek na Brittanje. Met so ’n aansoek sal jy dokumentasie moet kan lewer om jou rede vir die besoek te bevestig, bewys van genoegsame fondse om jouself daar te onderhou en ook bewys van akkommodasie in Brittanje.

Kontak gerus ons kantore indien jy meer inligting verlang.

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.