Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language > Nederlands | Dutch > Aanplakbord

Vier Vrouedag saam met die Huis der Nederlanden en Dorothea van Zyl


2008-07-29

Saterdag 9 Augustus om 10:30 vier die Huis der Nederlanden en die Nederlandse Bibliotheek Vrouedag met ’n praatjie deur prof Dorothea van Zyl met die titel As ek haar nie neerskryf nie, is ek sonder geskiedenis. Dit handel oor die rol van vroue in die geskiedenis en in die letterkunde.

Die soms moeisame pad van vroue in die geskiedenis, asook in die Nederlandse en Afrikaanse letterkunde, is ’n fassinerende onderwerp wat almal sal interesseer. Die onkonvensionele, verrassende en selfs skokkende bly nie agter in hierdie vertelling van hoe onder meer die kerk en literêre geskiedskrywers perspektiewe op die vrou beïnvloed het nie. Wat het vroue in ruil hiervoor gepresteer en hoe is die geskiedenis verkeerd bewys?

Prof Van Zyl is ’n dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en ook baie bekend as direkteur van die jaarlikse US Woordfees.

Plek: Huis der Nederlanden, Sentraalplein 4, Pinelands

Tyd: Saterdag 9 Augustus om 10:30

Toegang: Gratis – minimark van Nederlandse produkte vanaf 09:00

Navrae: Tel. 021-531-5831 of info@hdn.co.za