Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynfotogalery

Pret en plesier op De Grendel


Johann H Crafford - 2008-06-30

‘n Groep wynliefhebbers het onlangs besoek gebring aan die De Grendel-landgoed in die Durbanville-wynvallei vir ‘n baie spesiale keldertoer en wynproe. Pryse is gewen tydens ruiksessies om die geure van wyne te identifiseer, en ‘n gelukkige trekking is aan die einde van die geleentheid gehou waartydens Robbie “Leeuloop”

Wessels, een van vier glansmense wat die hele toer en proe meegemaak het, Jerome Olivier van Bellville se dag gemaak het. Die ander wenners van wyn (vir hul goeie reukvermoëns) was Johan Engelke van Villiersdorp, Judy Brüning van Kuilsrivier en Melanie Prins, ook van Kuilsrivier. Daar is vier verskillende wyne in die kelder geproe met eethappies wat elke wyn gekomplementeer het. Aan die einde van die toer en proe het Robbie die mense getrakteer op ‘n verkorte weergawe van die leeuloop. Almal het die dag gate uit geniet, vrae het op Elzette du Preez, wynmaker, neer gereën en almal het ‘n bietjie wyser huiswaarts gekeer.