Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Kennisgewings | Notices

Verkwik jou siel saam met Laurie Gaum


2008-06-24

Wil jy dalk die winterkou verdryf met 'n bietjie voedsel vir die siel? Indien jy naby Kaapstad woon is hier net die ding vir jou! Laurie Gaum bied 'n reeks interaktiewe ervarings-gebaseerde werkswinkels aan saam met spesiale gaste. Komende Donderdagaand die 26ste skop Laurie saam met dr Cecile Cilliers af met die onderwerp "Spiritualiteit en kuns". Aan die hand van die monnik Thomas Merton se foto's en tekeninge word jou persoonlike kreatiwiteit verken. Op 3 Julie is die onderwerp "Sensuele spiritualiteit" en word daar via die sintuie na liggaamlikheid gekyk. Die 3de en 24ste Julie is Mike Botha saam aan die woord, op die 24ste oor "Spiritualiteit en politiek" waarin die punt gemaak word dat goeie geloof altyd 'n mens se konteks ernstig opneem en dus nooit wêreldvreemd kan wees nie. Op 31 Julie durf Laurie saam met Melinda Schreuder die onderwerp "Spiritualiteit en psige" aan en die reeks sluit op 21 Augustus af wanneer dr Helene Vollgraaff saampraat oor Ekospiritualiteit. Dit gaan egter nie net 'n gepratery afgee nie en van die sessies sluit ook meditasie-oefeninge in. Die reeks word van 19:00 tot 20:30 by 38 Special koffiewinkel, Buitenkantstr 38 in Kaapstad aangebied. 'n Eerste sessie kos R80 terwyl 'n tweede en derde jou R70 uit die sak sal jaag en enigiets vanaf 'n vierde slegs R60 kos. Besprekings kan by Louise gedoen word 021 462 1348/ 083 460 4366, of e-pos Louise by louiseshelver@tiscali.co.za.