Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Poësie | Poetry

Masturbreakfast


Arno Kemp - 2008-06-18

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Die soelheid in jou appelmond
Wil ek in elke soen weer vond

Jou spanspekkies heelnag lank ontdek,
Sagte peertjie lok my om te lek

Naeltjie-aarbei rol ek om my tong
Ek, jagse en liefdevolle klong

Vergeet ek van my piesang: styf
Wyl ek olie in jou ruggie vryf

Jy kerm nie, maar sug:
Die tipe wat kontinente kan oorbrug

My eie nippelsoet-rosyntjies
Kry aandag niks, nimmer my vlesige lietsjies:
Afwagtend in my heuningsak
Ontspanne en op groot gemak

Nietemin sweet ek oor jou klam konfyt
Lek ek, wyl ek saggies byt

Smag ek na jou kiwi-tong
Wat rol om my vanielje-shlong

Jou frambosie-lippe lek hulself
Wyl my cool komkommer dieper delf

Om jou muffin deurgebak te kry
Moet ek harder, stadig en warmer ry

Soete geur rits op jou bessie-stem
As jy skree, jou naels in my rug geklem

Ek pluk my peul na ope lug
Ontsnap ons jou Delila-klug!

Slaan ek hand aan eie bors,
Weg van jou harde selfsug-kors
Streel en trek ek self, dit bly maar mees befok!
Klop ek my eie room, my hand die beste kok.