Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Kom geniet stylvolle pieknieks op Nederburg


Johann H Crafford - 2008-06-10

Kom beleef die lekkerte van lente op Nederburg met ‘n heerlike deli-piekniek terwyl jy die soet plattelandse Drakenstein-lug inasem en jou in die asemrowende mooi van hierdie wynlandgoed verlustig.

Die pieknieks word bedien onder heerlike skadubome of op die uitgestrekte grasperk, omring deur die Drakensteinberge en teen die agtergrond van die geskiedkundige Nederburg-herehuis.

Smaaklike deli-piekniekmandjies met varsgebakte brood, ‘n verskeidenheid kase, kouevleise, patee, pasta, slaaie, ingelegde eetgoed, koffie en ‘n soetigheidjie is beskikbaar teen R130 per persoon. Mandjies is ook beskikbaar vir vegetariërs en kinders.

Nederburg se pieknieks is beskikbaar vanaf Oktober vanjaar tot April volgende jaar. Die eerste Sondagpiekniek is egter eers op 9 November en die aanbod duur tot die einde van Maart 2009.

Bespreek asseblief twee dae vooruit deur Sunette Rust te kontak by (021) 862-3104, of stuur ʼn e-pos aan nedwines@distell.co.za