Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Gaan die opskorting van die tweejaar-werksvakansievisum om in Brittanje te gaan woon en werk mense raak wat tans daar is? Breytenbachs antwoord


Breytenbachs - 2008-06-06

My dogter het omtrent ’n maand gelede na Brittanje gegaan met haar tweejaar-werksvakansievisum. Sy is nou baie bekommerd, want sy het gerugte gehoor dat dié tipe visum opgeskort gaan word. Is dit waar, en indien wel, hoe gaan dit haar beïnvloed?

Antwoord

Dit is inderdaad waar dat die Britse regering beplan om rondom die einde van Augustus 2008 die tweejaar-werkvakansievisum op te skort en te vervang met ’n nuwe jeugmobiliteit-skema.

Die nuwe skema sal gelukkig nie persone wat op daai stadium reeds hul tweejaar-werkvakansievisums het, beïnvloed nie. Hulle sal toegelaat word om die volle tydperk wat op hul tweejaar-werkvakansievisum oor is, in die VK te woon en werk, en die reëls van die tweejaar-werkvakansievisum sal van toepassing wees.

Daar is egter slegte nuus vir jong Suid-Afrikaners rakende die nuwe jeugmobiliteit-skema wat die tweejaar-werkvakansievisum gaan vervang.

Die jeugmobiliteit-skema sal werk op die beginsel van balans. Burgers van lande wat deelneem aan die skema sal toegelaat word om in die VK te woon en werk vir twee jaar, mits jong Britse burgers dieselfde voordeel mag geniet in die deelnemende land. Dit is sterk te betwyfel of daar voldoende maatreëls in plek gaan wees tussen Suid-Afrika en Brittanje vir Suid-Afrikaners om na Augustus 2008 te kan deelneem aan die jeugmobiliteit-skema.

Breytenbachs moedig dus jong Suid-Afrikaners wat planne het om aansoek te doen vir die tweejaar-werksvakansievisum aan om ons kantore dringend skakel sodat hulle kan aansoek doen voor die opskorting van dié tipe visum.

Kontak ons gerus vir verdere inligting.

 

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.