Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Vier die seisoen van liefde!


Johann H Crafford - 2008-06-06

Ja, dit is so. Die winter het ons nog in sy wurggreep. Maar dit is nooit te laat om jou dagboek uit te pluk en nou reeds plek te maak vir die lente nie. Onthou, tyd wag vir niemand nie!

Teken solank 13 en 14 September in jou dagboek aan, en skryf Durbanville Hills se naam neer. Dis ‘n Saterdag en ‘n Sondag.

En dis die rede: kom vier lente by die Durbanville Hills-kelder en drink ʼn heildronk op die bekoring van somer by vanjaar se Seisoen van Sauvignon op 13 en 14 September.

Geniet ʼn glas van die Durbanville-wynvallei se beste sauvignon blancs teen die agtergrond van Tafelbaai en Kaapstad met sy beroemde berg, en ontspan terwyl Gabriel Shai eietydse musiek op die Saterdag en ligte jazz op die Sondag speel.

Die @ The Hills-restaurant bied die Saterdag ʼn à la carte-spyskaart aan en ʼn smaaklike buffet die Sondag teen R150 per persoon.

Vermaak vir die kinders sluit in gesigverf en sandkuns. En kos, wyn en koeldrank sal by verskillende stalletjies te koop wees.

Jy kan ook Durbanville Hills se heerlike reeks wyne proe teen slegs R10 per persoon, wat ʼn proeglas ingesluit.

Datum: 13 en 14 September
Tyd: 10:00–16:00
Restaurant: Saterdag en Sondag, 12:00–15:00
Saterdagaand: 19:00 – 22:00

Bespreking is noodsaaklik vir middag- en aandete. Skakel die @ The Hills-restaurant by (021) 558-1337.