Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Fiksie | Fiction

Jagtog


André van Zijl - 2008-06-05

Ek was nogal gevlei toe ek die eerste keer gevra is of ek nie deel van die jaarlikse jagtog in die Kalahari wou word nie. Per slot van rekening gaan die groep al vir jare in laat Junie daar naby Askham ‘n paar bokke omklits. Hulle was die mees vooraanstaande jonger boere in die distrik en ek was maar nog net sewe jaar as algemene praktisyn op die dorp.

In dié tyd het ek en my vennoot darem ‘n goeie praktyk opgebou en heelwat van hulle vrouens en kinders was pasiënte van ons. Af en toe was ook die manne self by ons vir een of ander kwaal, maar hulle was nog nie in die ouderdomsgroep waar die tipiese Bolandse boerekwale aan hulle begin vat nie.

Die skoonpa van een van die gereelde jagters het skielik ernstig siek geword en hy kon dus nie saam nie. Chris, ietwat ouer as ek, maar wat ek deur ons kinders se bywoning van dieselfde kleuter- en laerskool die beste van die manne leer ken het, het kom hoor of ek nie dalk wil saamgaan nie. Ons het ook saam op die diakenbanke gesit. Toe ek verduidelik dat ek nie juis ‘n skerpskutter is nie en eerder in die veld as in die skiet geïnteresseerd is, was hy rustig. Man, het hy gesê, daar is genoeg ouens wat kan skiet. Ons het dit bespreek en weet jy is goeie geselskap. As jy wil saamgaan, is jy welkom.

So gesê, so gedaan na die nodige oorlegpleging tuis. My vrou was lus om vir ‘n week met ons drie kinders by haar ouers in Transvaal te gaan kuier en ‘n bietjie van die Bolandse reën weg te kom. My vennoot het verkies om in die somervakansie in Stilbaai te gaan gholf speel en was dus meer as bereid om die praktyk op te pas.

Die afspraak was dat ek en Chris sou saamry in sy Land Cruiser en dat ons ‘n tent sou deel. Die groep sou mekaar die namiddag drie-uur by Askham se garage kry en daarvandaan die uur se ry na die jagplaas saam aanpak. Ons twee is dus taamlik vroeg weg om teen eenuur by Upington te wees.

Alles het volgens plan verloop en teen vyfuur was die groep min of meer by ons staanplek ingeskud. Die vier dubbeltente het in ‘n groot kring tussen die kameeldorings gestaan en die vuurtjie was aan die gang.

Daar is daardie eerste aand nie té lank om die vuur gekuier nie, want ons het ‘n lang dag agter die rug gehad. By ons tent aangekom vir die nag, wou Chris eers ‘n draai loop en saam-saam het ons onder die naaste boom gestaan en ons strale laat boog staan in die lang gras in. “Jislaaik,” was sy opmerking, “daar is duidelik nog niks met jou prostaat verkeerd nie”. “Ek is darem nog net 35,” was my antwoord. “En dit lyk ook nie vir my of jy al ‘n probleem het nie.” Ná hierdie mediese advies is daar nie veel in die tent gesê voordat ons elkeen in sy slaapsak op sy kampbedjie rustig geraak het nie.

Ons sou vyf dae daar kampeer en elke dag was die roetine ongeveer dieselfde: voor dagbreek op, dan met drie bakkies die veld in met die jagters agterop. Daar was baie springbokke en hulle was redelik maklik om te skiet. Ook ek het, met miskien meer geluk as kundigheid, twee kon omklits. Die ritueel vir ‘n eerste suksesvolle doodskoot moes ek tot almal se vermaak natuurlik deurmaak. Na twee dae het die ervare jagters genoeg springbokke gehad om groter en moeiliker teikens soos gemsbokke te begin soek. En ek kon die veld terdeë geniet.

Elke aand moes die bokke afgeslag en opgehang word. Die jagplaas het nie juis veel fasiliteite gehad nie, maar daar was darem ‘n outydse koelkamer met ‘n ry hake. Met die ysige nagte was die hou van die vleis nie ‘n probleem nie.

Die aande se kuiers rondom die vuur het al hoe vroliker geword soos die manne begin ontspan het. Die voorraad rooiwyn wat saamgekom het, was blykbaar onuitputbaar, maar elke aand is probeer om ‘n duik daarin te maak. Die vuurstories het, benewens die gewone sport en skurwerige grappe, veral gedraai om boerdery, ons dorp en sy mense.

Die tweede aand het Chris, wat ek nog altyd as ‘n vriendelike maar stillerige ou ervaar het, opvallend deeglik van die rooiwyn gebruik gemaak en taamlik laf geword. Die gevolg was dat ek my hand om sy lyf moes sit om hom op die pad na ons tent te kry en hou. Ek was verbaas dat hy sy drank so sleg kon vat, maar so goed het ek dié kant van hom ook nie geken nie.

By dieselfde boom as die vorige aand wou ons eers ‘n laaste draai loop. Ek het Chris met sy hand teen die boomstam staan gemaak en het net mooi my gulp oop gehad toe hy in ‘n sleurstem van hom laat hoor: “Kom help tog hier om my voël uit te kry, want anders gaan ek my broek nat pis.” “Jy maak seker ‘n grap,” was my reaksie. “Nee man, asseblief tog. Ek kry nie vir Jakob hier uit nie,” het hy aangehou. Met my linkerhand vat ek na sy gulp en trek die rits af. Sonder veel gesukkel kry ek my vingers deur sy onderbroek se gaping en trek sy halfstywe voël uit. Toe die straal begin loop, los ek hom, maar daar is ‘n vinnige protes: “Nee man, hou vas, anders gaan ek op my skoene pis.” Toe ek weer vat, was sy piel al behoorlik hard in die koue naglug en het ek meer as onraad bemerk.

Heeltemal onwillig vir ‘n bietjie sports van ‘n ander aard was ek nie, want soos heelwat getroude mans het ek op skool en in die weermag ook ervaring van ‘n gekafoefel tussen vriende gehad. Nooit iets ernstigs nie, maar as die hormone sterk loop en die gevoel is reg, het niemand juis kwaad in ‘n bietjie handwerk oor en weer gesien nie. Jy moes net nie daarna daaroor praat nie.

Ek vat dus stewig vas en begin sagte drukke gee. Teen die tyd dat die straal opgedroog het, was sy voël stokstyf. Sonder meer vat Chris my aan my arm en trek my die tent in met ons altwee se Jakobregoppe wat by ons gulpe uitloer.

In die tent had ek nog die teenwoordigheid van gees om die tentdeur toe te rits, ‘n handdoek te gryp, en die lamp af te sit uit vrees dat van die ander vriende iets in ons tent sou sien beweeg. Toe was ons albei plat op die tent se grondseil langs en half bo-op mekaar.

Chris se sterk boerehand het my piel beet gekry. ‘n Stewige vasgryp van my balsak volg. In die donkerte laat ek hom begaan. Ook my hand begin deur sy jeans oor sy boude te streel, net om weldra my vorige greep met ‘n heen-en-weer van Chris se voorvel te hervat.

Saam-saam lig ons ons lywe en trek ons ons broeke af. Chris se voël is soos die man is: lank en sterk. Ek trek sy voorvel behoorlik terug en voel die gladheid van die pielkop, wat sekerlik donkerrooi moet wees. Ek smeer die eerste nattigheid oor die gladde kop. Die seks is nie veel meer as voel en vrywe tussen naeltjie en eiersak en dan draadtrek nie, maar lekker stewige draadtrek. Die voorvel beweeg glad heen en weer in my vuis en ek voel en ruik hoe die spanning begin opbou. Op ‘n stadium wou Chris so half-half sy kop laer teen my lyf laat afsak, maar dit was asof hy hom bedink het.

Hy was die eerste om te skiet. Ek ruik die sponk en voel hoe dit oor my hand loop. Kort daarna volg ek met ‘n ruk. Die ander tente is nie so ver van ons s’n af nie en ons bly dus maar aan die stil kant toe die kritieke oomblik aanbreek. Gelukkig dat ek van die handdoek onthou het, anders was dit ‘n lekker gemors op die grondseil.

Ek het skaars my ding gedoen of Chris draai om en kruip met ’n sug terug op sy kampbed. Binne minute hoor ek net ‘n rustige asemhaling van dié kant af. Ek self het ‘n rukkie gelê en dink oor die gebeure van die afgelope kwartier (veel langer kon dit nie gewees het nie), terwyl ek my voël met goeie herinneringe vashou, maar ook ek was weldra in droomland.

Toe ons vroeg die volgende oggend wakker word, was Chris se eerste woorde: “Magtig, maar ek het gisteraand te veel van daai rooiwyn gedrink. Ek kan nie mooi onthou hoe dinge ná die vuur geloop het nie. Het jy my tent toe gebring?” Ek besef toe dat dit is hoe hy dit wil speel. Vir my was dit om 't ewe. “Jy was goed gekoring, maar ek het jou veilig hier gekry,” is my reaksie terwyl ek my klere vir die dag agter die bokke aan aantrek.

Die volgende aand het Chris vroeg by die vuur om verskoning gevra met ‘n skramse verwysing na sy oordaad van die vorige aand en sy kooi gaan opsoek. Die verskoning is met veelseggende oogknippe rondom die vuur ontvang. Teen die tyd dat ek die tent bereik het, was sy ligte gesnork reeds in ‘n stewige patroon gevestig.

Soos verwag kon word, was die manne se laaste aand saam bedoel as ‘n hoogtepunt voordat almal weer in hulle rolle as familievaders en gemeenskapsleiers tuis moes gaan inpas. Nadat die grootste deel van die oppakwerk afgehandel was, is die vuur besonder hoog gestook en is die bottels van die mees spesiale wyne uit hulle bêreplekke uitgehaal. Ook ‘n paar springbokfilette kon met die vuur kennis maak. Die stories was ook meer gewaagd en die beswaardheid oor die ANC se onbekwaamheid luider. Vele staaltjies oor die korrupsie en doodgewone onkundigheid van ons plaaslike munisipaliteit se “nuwe” amptenary is uitgeruil. Chris het stillerig geluister en af en toe ‘n bydrae gelewer, maar het opsigtelik blykbaar weer te veel van die goeie druiwesap ingeneem.

Die gevolg was voorspelbaar en ek moes hom laat die aand weer op die pad na ons tent begelei. Hierdie keer was die spel by die boom onnodig. Ons het skaars die tent se rits agter ons toegetrek toe hy in die flou lamplig kamtig speel-speel begin stoei daar in die nou spasie tussen die twee kampbedjies. Teen die tyd dat hy my saam met hom tot op die tentvloer afgetrek en sy onderlyf teen myne begin vasdruk het, was die lamp al uit en die handdoek byderhand.

Ons albei was hierdie keer ‘n bietjie meer avontuurlustig. Na die oor-en-weer-handgevoel aan mekaar se Jakoppe en onderlywe, was daar selfs ‘n geknibbel aan mekaar se ore voordat Chris se mond stadig langs my bolyf afgesak het om my pielkop versigtig in sy mond te vat. Ek is seker dat hy, net soos ek, dit nog nooit vantevore gedoen het nie. Lekkerte is egter ‘n vinnige leermeester en ek het my vinnig omgewikkel om ook sy meneer in my mond te kry. My tong het van bo na onder langs die skag beweeg en uiteindelik op daardie sensitiewe randjie van die voëlkop gekonsentreer. Intussen was my hand hard by my vennoot se balsak doenig. Chris se vinger het ook al om my agterwêreld gevroetel, maar vir my was ‘n poepholvryery darem ‘n bietjie te rof om selfs aan te dink.

Die vinnige opbou na ‘n klimaks het ons waarskynlik albei verras, ten spyte van die stygende saamtrekkings wat ek kon voel. Op die ou end was waarskynlik nie een van ons voorbereid op ‘n skielike en min of meer gelyktydige mond vol souterige saadskiet nie. Sluk was al moontlikheid, en ook nie ‘n onaangename een nie. Toe het die rustige slapword gevolg.

Hierdie keer het ons vir seker nog vyf minute woordeloos so kop aan voet langs mekaar bly lê voordat Chris terug na sy kampbed is. Ons albei was gou aan die slaap.

Die volgende oggend het die kamp vroeg begin beweeg, want die laaste goed moes nog gepak en opgeruim word en die lang rit huis toe moes aangedurf word. In ons tent het ons albei opgetree asof daar niks gebeur het nie en het ons doelgerig begin tent afslaan en die Cruiser begin pak.

Die eerste keer wat ek Chris weer ná die jagtog gesien het, was by ‘n kerkraadsvergadering. Ons het mekaar hartlik gegroet, na die gesinne se welstand verneem, en kortliks na die sukses van die Askham-ekspedisie verwys. In al die daaropvolgende jare van mekaar raakloop, het dit so gebly. En ek het nooit weer gaan saamjag nie.