Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Vergelegen brei sy gewilde winterprogram uit


Johann H Crafford - 2008-06-03

Vergelegen bied dié winter ‘n reeks aktiwiteite wat strek van spesiale aandetes tot omgewingsuitstappies, en van die proe van wyn uit ‘n vaatjie tot demonstrasies van verskillende geregte.

Die program skop op 25 Junie af met die eerste van drie wynproeë met wynmaker André van Rensburg as gasheer. Die wynproe begin om 18h00 en sluit ‘n aandete in. Die koste is R95 per persoon en besprekings is noodsaaklik. Die ander twee wynproegeleenthede vind op 30 Julie en 20 Augustus plaas.

Die Lady Phillips Restaurant gaan aandetes en wynaande aanbied en sy nuwe chef, Henrico Grobbelaar, sal saam met André van Rensburg die gashere wees. Die aande is op 25 Julie, 29 Augustus en 3 Oktober, en ‘n viergangmaaltyd en wyn is ingesluit. Dit begin om 19h30 en kos R270 per persoon.

Henrico bied ook oggend-kookkunsdemonstrasies op 6 Augustus en 3 September aan teen R65 per kop, wat tee en botterbroodjies insluit.

En as jy die buitelug eerder as ‘n omelet verkies, kan jy op ‘n omgewingsuitstappie saam met die bewaringskundige Gerald Wright gaan wat die gewilde uitstappies weer op 16 Julie, 13 Augustus en 17 September aanbied. Die koste is R95 per persoon en sluit ‘n kontinentale ontbyt in.

Vir meer inligting, skakel 021-847-1334.


VERGELEGEN-PROGRAM 2008

Wynvatproe met André van Rensburg, gevolg deur aandete

Datum: Woensdag 25 Junie 2008
Koste: R95 per persoon
Plek: Vergelegen-wynkelder
Tyd: 18h00 vir 18h30
Besprekings: 021-847-2123


Omgewingsuitstappie met bewaringskonsultant Gerald Wright, gevolg deur ‘n kontinentale ontbyt

Datum: Woensdag 16 Julie 2008
Koste: R95 per persoon
Plek: Ontmoet by die Wynproesentrum
Tyd: 08h30 vir 09h00
Besprekings: 021-847-1346


Winter-aandete met André van Rensburg en Henrico Grobbelaar

Datum: Vrydag 25 Julie 2008
Koste: R270 per persoon
Spyskaart: Viergangmaaltyd, wyn ingesluit
Plek: Lady Phillips Restaurant
Tyd: 19h30 vir 20h00
Besprekings: 021-847-1346


Wynvatproe met André van Rensburg, gevolg deur aandete

Datum: Woensdag 30 Julie 2008
Koste: R95 per persoon
Plek: Vergelegen-wynkelder
Tyd: 18h00 vir18h30
Besprekings: 021-847-2123


Omgewingsuitstappie met bewaringskonsultant Gerald Wright, gevolg deur ‘n kontinentale ontbyt

Datum: Woensdag 13 Augustus 2008
Koste: R95 per persoon
Plek: Ontmoet by die Wynproesentrum
Tyd: 08h30 vir 09h00
Besprekings: 021-847-1346


Kookkunsdemonstrasie met sjef Henrico Grobbelaar, gevolg deur tee en botterbroodjies

Datum: Woensdag 6 Augustus 2008
Koste: R65 per persoon
Plek: Lady Phillips Restaurant
Tyd: 08h30 vir 09h00
Besprekings: 021-847-1346


Wynvatproe met André van Rensburg, gevolg deur aandete

Datum: Woensdag 20 Augustus 2008
Koste: R95 per persoon
Plek: Vergelegen-wynkelder
Tyd: 18h00 vir18h30
Besprekings: 021-847-2123


Winter-aandete met André van Rensburg en Henrico Grobbelaar

Datum: Vrydag 29 Augustus 2008
Koste: R270 per persoon
Spyskaart: Viergangmaaltyd, wyn ingesluit
Plek: Lady Phillips Restaurant
Tyd: 19h30 vir 20h00
Besprekings: 021-847-1346


Kookkunsdemonstrasie met sjef Henrico Grobbelaar, gevolg deur tee en botterbroodjies

Datum: Woensdag 3 September 2008
Koste: R65 per persoon
Plek: Lady Phillips Restaurant
Tyd: 08h30 vir 09h00
Besprekings 021-847-1346


Omgewingsuitstappie met bewaringskonsultant Gerald Wright gevolg deur ‘n kontinentale ontbyt

Datum: Woensdag 17 September 2008
Koste: R95 per persoon
Plek: Ontmoet by die Wynproesentrum
Tyd: 08h30 vir 09h00
Besprekings: 021-847-1346


Winter-aandete met André van Rensburg en Henrico Grobbelaar
Datum: Vrydag 3 Oktober 2008
Koste: R270 per persoon
Spyskaart: Viergangmaaltyd, wyn ingesluit
Plek: Lady Phillips Restaurant
Tyd: 19h30 vir 20h00
Besprekings: 021-847-1346