Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Versny uitsoekwyne hierdie Vadersdag op Nederburg


Johann H Crafford - 2008-05-20

Skep hierdie Vadersdag ʼn meesterstuk saam met jou pa op Nederburg en ervaar die kuns om uitsoekwyne te versny.

Geniet vonkelwyn met jou aankoms en ontdek saam met jou gesin die pret van wynmaak deur self ʼn versnit van rooiwyne te maak. Daarna kan jy aansit vir ‘n heerlike driegangmaal in die pragtig opgeknapte besoekersentrum, waarna jy die dag kan afrond met koffie en brandewyn.

Drie gelukkige pa’s staan ʼn kans om geskenkpakke met Nederburg-wyne in ʼn trekking te wen.

Spanne van tien sal die wyne versny. Die wynmakers sal die wyne beoordeel en elke lid van die wenspan sal ʼn geskenk van Nederburg ontvang.

Die geleentheid vind Sondag 15 Junie om 11:30 plaas. Dit kos R200 per persoon, terwyl kinders onder 12 jaar R95 betaal. Elke paartjie ontvang ook ʼn bottel Nederburg-wyn.

Vir meer besonderhede en besprekings, kontak Sunette Rust by (021) 862 3104 of stuur ʼn e-pos aan nedwines@distell.co.za.