Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Wat is die onderhoudsversteiste in die nuwe Britse immigrasiereëls? Breytenbachs vertel


2008-05-13

Vraag

My belangstelling is finansies en dit is my droom om in die finansiële hoofstad van Europa in die bankwese te werk. Ek het uitgevind oor Britse visums en wil aansoek doen om die permit vir hoogs geskoolde migrante later dié jaar.

Ek is tans besig om al my dokumentasie reg te kry vir my aansoek, maar het ook gehoor dat mens nou met die nuwe Britse immigrasiereëls moet kan bewys dat jy jouself en afhanklikes sal kan onderhou en dat dit met bankstate gedoen moet word. Kan julle my meer hieroor vertel?

Antwoord

Ja, daar is ‘n belangrike nuwe vereiste ingevolge die nuwe immigrasiereëls van Vlak 1 vir hoogs geskoolde migrante.

Vlak 1 vir hoogs geskoolde migrante tree wêreldwyd in werking gedurende die Britse somer van 2008. Indien jy onder Vlak 1 vir jou permit aansoek doen, sal jy aan die nuwe onderhoudsvereiste moet voldoen. Jy sal moet kan bewys dat jy persoonlike spaargeld van minstens £2 800 in jou bankrekening tot jou beskikking het. Hierdie geld moet ook ten tyde van jou aansoek reeds drie maande in jou bankrekening gewees het, en mag nooit minder as dié bedrag gewees het tydens die voorafgaande drie maande nie.

As jy enige afhanklikes het, moet jy ook dieselfde vir hulle kan bewys in jou of hulle spaarrekening. Die minimum bedrag spaargeld is £1 600 vir die eerste afhanklike en £800 vir elke afhanklike daarna.

Die nuwe reëls mag dalk na baie administratiewe rompslomp klink, maar dié tipe permit het gewis baie voordele en al die moeite sal dit werd wees.

Kontak ons gerus vir verdere inligting.

Kontak Breytenbachs by  info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.