Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Artikels | Features

My een vraag aan God III


2006-10-12

 

My vragie aan God is… 

“Liewe Vader, hoe het Jy in die wêreld gekom? Hoe het jy ge-happen?”

Armwitte

My een vraag aan God

Liewe Here,

“Hoe bly U so genadig en lief vir my, al is ek so sondig?”

Bobbejaan

My een vraag aan God

“God, wil jy nie asseblief daai verwarde gelowiges wat reken hulle het alleenreg op jou, reghelp nie?”

Dankbaar

Rooi Charles

Een vraag aan God

"'n Boodskappie vir Fokofpolisiekar?"
            
Lucy

Een vraag aan God

“Hoekom het U 'n heelal geskep wat gebaseer is op die beginsel dat die wesens mekaar moet opvreet om te kan oorleef?”

Chris

Een vraag aan God #2

Die reaksie op die "een vraag" debat verwys.

Ek het eintlik nog 'n vraag:  “Sal die “ware” God asb opstaan?”

En Kobus, ek is nie sarkasties nie.

Die man op straat

Vraag aan God

En as ek 'n vraag dan vra aan God, dan is dit in wese net een ding:  "Hoekom het die mens so 'n magtige wapen ontvang naamlik "keuse", want die gehalte van keuse wat jy uitoefen, kan jou verneuk ... mens kies jou toekoms self?  Waarom mense in so gebroke wêreld hierdie "tool" van selfvernietiging gee?  Kon ons nie 'n ander "tool" gekry het nie?”

Pierre van Niekerk

My een vraag aan God

“Hoekom het U my so ontsettend lief?”

Schauzie

My een vraag aan God

Dear God

“You gave us the gift of free will, but with that, the burden of choice. Why?”

Your Child

My een vraag aan God

"Kan ek met my voorouers kommunikeer daar waar hulle nou is?"

Nonqause