Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Van alle kante af


Cherry Vos - 2008-05-06

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Die eerste keer wat ek haar gesien het, was van agter af. Sy het skuins voor my gesit in die vergadering. Wat my oog eerste gevang het, was die bloedrooi Chanel-baadjie wat so stylvol saam met haar kort maar netjiese haarstyl gelyk het. Die eerste behoorlike kyk na haar en hoe sy verder lyk, was die oomblik toe ek glad nie meer na die monotoniese geneul van die grillerige ou man in sy 1968 grys suit kon luister nie.

Ek het haar vlak asemhaling aandagtig dop gehou. Die fyn wit haartjies in haar nek wat soos satynstringetjies op haar gesonde songekuste vel rus, het ʼn klein paadjie by haar nek, op tot by haar pikswart kortgesnyde hare gemaak. Pikswart, kortgesnyde, gladde en gesonde hare. Die sonstraaltjies wat by die vensters inloer, dans vrolik op haar hare en laat dit net meer beeldskoon en gesond lyk. Haar profiel is skerp en vroulik, mooi afgerond met lang swart wimpers wat elke tien tot vyftien sekondes vooroor buk om haar wange te groet.

Na die vergadering het sy opgestaan, haar stywe swart langbroek reggetrek en regop, viets en heeltemal te vinnig die vertrek verlaat. Ek het vorentoe getree na waar sy gesit het, met die hoop dat ek die laaste bietjie van haar parfuum kon ruik. Ek is seker sy dra net die beste. Dus was ek nie verbaas toe ek die subtiele ondertone van Christian Dior se Midnight Poison soos warm lug op ʼn koue aand by my siel voel insluip nie.

Nee, sy het nie haar beursie of enige besitting vergeet of laat val nie. Hoe verduidelik ek aan iemand dat ek sterk aangetrokke is tot ʼn vrou ʼn rooi baadjie wat ek omtrent ʼn uur lank ken? My genade, ek weet nie eers hoe lyk haar gesig nie. Ek hou van lang blonde hare, lekker stywe DD-borste en vrouens wat langer as ek is … nie klein en fyn donkerkoppe met dyke-hairstyle nie. Ek en my vreemde, onstabiele seksuele neigings besluit toe om buite op die balkon te gaan staan en ʼn sigaret te rook.

Op die balkon staan ek met my laerug teen die heuphoogte sementmuur en vat my eerste trek vir die dag. Soos ek die rook uitblaas, dink ek weer aan hoe mooi die manier waarop sy asemhaal vir my was. Ek vat nog ʼn trek en met die uitblaas maak ek my oë toe. Al waaraan ek kan dink is sy, en ek verbeel my dat sy met haar ferm, parmantige borsies en klipharde tepeltjies voor my staan. Ek draai my lyf en druk my heupbene teen die sement muur vas. Ek is skielik warm en nat tussen my g-string en my kont; ek kan voel hoe die natheid spontaan begin slip uit my kont uit. Ek sit my palms plat op die muur neer en trek myself nader totdat ek die hardheid teen my hele onderlyf kan voel. Ek was besig om te kyk na my cleavage wat tergend tussen kant en katoen pronk, toe ek in die hoek van my oog iets rooi sien beweeg op die grondvloer. Dis sy! Dié keer sien ek haar net van bo af. Daar gaan sy weer, vinnig en fluks … en weg is sy. Demmit!

My tepels verhard en is duidelik sigbaar deur my ligpers katoenbloes. Ek maak seker dat niemand my kan sien nie, glip my hand onder my knielengte, noupassende swart rompie in. My natheid laat my vingerpunte dadelik warm voel. Ek wil so graag aan myself vat en my kont druk met my handpalm terwyl my vingers my lippe streel en lekker stadig en ferm op en af oor my klit streel.

Ek draai terug na die tafel en buk vooroor om by die asbak uit te kom toe my sintuig bewus raak van Christian Dior Midnight Poison parfuum. Ek kyk op – en daar staan sy! Voor my. En ek kon sweer sy het na my cleavage gestaan en kyk. Dalk het sy my gesien toe ek netnou my hand daar onder in gehad het? Oeps! Sy is nog meer manjifiek van voor as van agter. Groot, oop, helder blou ogies en ʼn mond wat lyk soos ʼn ryp kaalgatperske. Pienk, vol en gereed om geniet te word.

"Hi. Ek neem aan dis die rokersarea hierdie?" sê-vra sy met professionele toon in haar stem.

"Ja, en dis die enigste oop balkon met ʼn uitsig in die hele gebou."

"Ek sal dan maar moet begin rook," se sy terwyl haar glimlag tuis raak op haar beeldskone gesig.

Ek trek my vingers deur my dik bos blonde hare, toe is daar skielik ʼn stilte. En na dit, nog ʼn stilte. Duidelik kan ek nie my oë van haar af hou nie, en ek sien sy raak bewus van my gelaaide energie, maar ek verbreek nie oogkontak nie. Sy ook nie.

"’n Mooi vrou soos jy behoort te weet dat dit sleg is vir jou," en sy gee ʼn halwe tree nader. Dun, versorgde en elegante vingers raak saggies aan my gewrig.

"Ja, dit is sleg vir my om my lyf so … so af te skeep." Ek lek my lippe af toe ek sien haar blik is op my mond. Haar versigtige vingers sluit om my gewrig en sy trek my hand nader aan haar gesig. Sy begin my vingers te ruik … en ek weet my vingers ruik nou sterk na my smekende, kloppende kont. Sy sit my middelvinger in haar mond en sluit haar lippe om dit terwyl sy saggies suig vir ʼn paar verleidende sekondes.

“Jy proe soet. Proe die res van jou ook so?”

“Nr 42, Komatiestraat, Greenside.”

“Tyd?”

“Ja, dis al lankal tyd. Ek wag vir jou.”

Vyf en veertig minute later lui die voordeurklokkie. Sy het ingestap, haar handsak op die marmer-kombuisblad neergesit, haar hande op haar dun middeltjie gesit en my huis aandagtig begin bestudeer.

“Alles joune?”

“Nog nie. Wyn?”

“Wit, droog. Dankie. Is jy dan besig om te skei?”

“Was nog nooit getroud nie.”

“So, alles is regtig joune.”

“Alles behalwe jy, ja.”

Sy het ʼn slukkie van haar wyn gevat, die glas neergesit en haar baadjie begin oop knoop. Onder haar swart kamisool kon ek sien dat haar borste baie voller en fermer is as wat dit lyk met die baadjie aan, en sy het nie ʼn bra aan nie.

“En wat as jy my nie kan kry nie?” sê sy stadig, terwyl sy haar skoene uitskop en haar broek se boonste knoop losmaak.

“Dan is jy seker nie beskikbaar nie.”

Ek stap na die leefarea, sit musiek aan en gaan sit op die rusbank se leuning. Sy kom staan agter my en streel my nek met haar naels. Ek voel hoe sy haar onderlyf meer en meer teen my rug druk. Sy trek haar broek uit en kom staan voor my in haar swartkantkamisool en g-string. Haar lyf is in perfekte proporsie en ek kan deur die g-string sien dat sy heeltemal skoongeskeer is. Haar vel is soos karamel. Glad en ligbruin.

Sy maak my knope los, gaan op haar knieë en bewonder my borste wat so mooi sit in my ligperskantbra. Ek staan op, haar gesig perfek in lyn met my kloppende kont. Ek trek my rompie uit, maar bly staan voor haar. Sy byt speel-speel aan my g-string, trek dit eenkant toe en lek die buitewande van my kont gulsig terwyl haar hande op my boude al stywer en stywer vasklou.

Sy beweeg boontoe en soen elke sentimenter van my bewende lyf asof dit sjokolade is. Haar hande glip agter my rug in en sy maak my bra los terwyl sy my diep in my oë kyk. Sy gooi my bra eenkant toe, trek haar kamisool vinnig oor haar kop, en haar borste wip uit na voor en ons albei begin op dieselfde tyd aan mekaar se borste vat, streel, druk, brei.

“Ek is getroud,” fluister sy.

Ek streel my vingers deur haar hare, gly my hande oor haar nek, skouers en borste tot op haar heupe en hou haar lyf styf teen myne.

“Geen man sal jou ooit kan gee wat ʼn vrou jou kan gee nie, maar jy verdien om al twee te kry. Jy het klaar ʼn man om jou lewe saam mee te bou en om jou op te pas. As jy wil, kan jy ʼn vrou ook kry om jou te vul op die plekke wat ʼn man nie ken nie.”

Ek begin haar saggies te soen. Stadig en soenend saam op die mat gaan lê, en seker vir ʼn uur aanmekaar net gesoen, gestreel, en mekaar saggies verafgod – die tipe liefde wat ons al twee al so lank na smag.

Ons het nou al ons klere uitgetrek, ons lywe bewe van ekstase en lus. Ons kan nie ophou om mekaar te lek, soen en streel nie. Ek draai haar op haar rug, sprei haar bene wyd oop, maak my bene oop en sit wydsbeen skuins bo-op haar sodat ek my nat kont teen hare kan druk en vryf. Ons beweeg saam op en af en heen en weer. Ons onderlywe stamp en rol en druk en skaaf teen mekaar asof ons al jare lank naai.

Haar asemhaling raak dieper. Haar wilde en wonderlike seksgeluide raak harder en vinniger. Ek naai so lekker dat ek saam met haar moan en kreun en uitskree van plesier. Ek kan die sensasie deur my hele lyf voel beweeg. Ons naai harder, vinniger en harder en vinniger. Sy soen my elke nou en dan met haar mond groot oop en haar tong diep in my mond in. Ek gryp en trek en lek en byt haar epiese borste. Ons blink al van al die sweet en hoe meer ons sweet hoe meer gly ons lywe oor mekaar.

Haar naels druk skielik diep in my boude in. Haar lyf begin meer en meer saamtrek hoe harder ek haar naai. Ek voel my orgasme is ook naby. Ons lywe raak stywer, en ons beweeg nou stadiger – maar harder en stywer teen mekaar, en elke spier is gestimuleer.

Ek kan dit nie meer inhou nie, en soos die orgasme deur my lyf skiet, ruk en druk ek hard en ferm teen haar kont, wat haar ook tot haar orgasme bring. Ek wil my lyf agteroor gooi en die laaste sekondes van my orgasme op my rug geniet. Maar sy is ook nog besig om haar orgasme te bereik. Ek gaan vorentoe, lê met my hele lyf bo-op hare soos wat die plesiergolwe nog deur my lyf stroom. Sy gooi haar bene om my middel en haar arms om my lyf – sy gryp my boude met haar hande en druk my kont so hard en soveel keer so vinnig moontlik teen hare – sy klou vas aan my. Gryp my, ruk my, en sy beleef ʼn baie intense orgasme.

Dit maak my so jags om haar so te sien – so absoluut lewendig en wild – dat ek saam met haar my tweede orgasme bereik. Ons hou mekaar styf vas. Beweeg stadiger. Begin ontspan, suggies en geluide van tevredenheid maak. Ons hou mekaar vas. Nat lywe teen mekaar, borste pronkend en vol.

Ek kry my asem terug. Vee haar hare uit haar gesig. Soen haar weer en besef ek gaan haar móét vra!

“Uhm … so … wat is jou naam?”

Sy lag lekker. "My naam is Inez Neethling, aangename kennis!”

“Hi Inez, ek is Nerida de Vos. Dis lekker om jou van alle kante af te sien … so bly te kenne!”

Ons het kaal langs mekaar wakker geword. Sy het opgestaan, gestort, haar haartjies netjies in plek gesit en gery. Die treklorrie met al haar goed behoort teen vanmiddag hier te wees. Ek moet onthou om vir haar ʼn sleutel te laat sny …