Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Kan ek met die tweejaar-werksvakansievisum `n besigheid in Engeland begin?


Breytenbachs - 2008-04-22

Vraag

Ek is 29 jaar oud en as ek reg verstaan, kwalifiseer ek nog ouderdomsgewys vir die tweejaar-werksvakansievisum. Ek het ’n graad in Arbeidsterapie en bedryf my eie konsultasiebesigheid in Suid-Afrika. Wat ek wil weet, is of ek toegelaat sal word om iets soortgelyk te begin in Engeland. Sal die reëls van die visum my toelaat om so iets te doen?

Antwoord

Die tweejaar-werksvakansievisum is een van die gewildste maniere vir jong Suid-Afrikaners om oorsese werksondervinding op te doen en die wêreld te verken. Dit is egter nie die ideale manier om jou loopbaan te bevorder terwyl jy in die VK is nie.

Die reëls van die visum sê dat jy slegs werk mag doen aanvullend tot jou werksvakansie. Jy mag ook nie jou eie besigheid begin of dienste lewer as ’n professionele sportpersoon nie. Jy mag ook slegs 12 maande van die 24 maande waarvoor die visum toegeken is, werk.

In jou geval sal dit dalk die moeite werd wees om eerstens uit te vind of jy nie kwalifiseer vir die permit vir hoogs geskoolde migrante nie (tans die HSMP, wat binnekort vervang word met Vlak 1 van die nuwe Britse immigrasiereëls). Die permit laat jou toe om sonder enige beperkings te werk in die VK en ook om jou eie besigheid te begin, of om die twee te kombineer. Die ander groot voordeel van dié tipe permit is dat jy uiteindelik daarmee Britse burgerskap kan verkry.

Nietemin, die tweejaar-werksvakansievisum is nie te versmaai nie. Baie jongmense gebruik dit as ’n wegspringplek om Brittanje se arbeidsmark te verken en skakel dan later oor na ander ’n tipe visum wat beter is vir hul loopbaan in Brittanje.

Het jy enige vrae of wil jy vir ’n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by  info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.