Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Sport

Spoed en sand in Bahrein


Murph R van der Merwe - 2008-04-16

Murph R van der Merwe het op Sondag 6 April 2008 die F1 Grand Prix in Bahrein, Saoedi-Arabië bygewoon en foto’s vir LitSport geneem.

Hy sê: “Vir die manne in Rooi was dit ʼn perfekte dag met beide Felipe Massa en Kimi Räikkönen wat onderskeidelik eerste en tweede geëindig het. ʼn Gunsteling, Lewis Hamilton, kon slegs in die 13de posisie klaarmaak nadat hy sy neus-vlerk reeds vroeg in die wedren verloor het. ʼn Onnodige en onbeplande stop in die “pits” het sy kanse op ʼn podium-posisie reeds vroeg gekelder.

“Die enigste noemenswaardige kompetisie vir die twee Ferrari-bestuurders was BMW Sauber se Robert Kubica en Nick Heidfeld.”

Die uitslae van die wedren was:

1 Felipe Massa, Ferrari
2 Kimi Räikkönen, Ferrari
3 Robert Kubica, BMW
4 Nick Heidfeld, BMW
5 Heikki Kovalainen, McLaren-Mercedes
6 Jarno Trulli, Toyota
7 Mark Webber, Red Bull-Renault
8 Nico Rosberg, Williams-Toyota

Lojale Ferrari-ondersteuners het hulself laat geld met wapperende vlae in die woestynwind.
Die supergewilde Lewis Hamilton het flink handtekeninge uitgedeel. Bewonderaars het reeds douvoordag tou gestaan om sy skrif op aandenkingstukke te verewig!
Nick Heidfeld van BMW Sauber en sy spanmaat, Robert Kubica, het ‘n uitstekende wedren beleef. Renault se nommer een, Fernando Alonso, het ook tyd ingeruim om handtekeninge uit te deel.
Alonso se spanmaat, Nelsinho Piquet, het die hitte namens Renault getrotseer. Grand Prix se aanvallige inligtingsdames beskik oor vlerke!
1950 Ferrari 166 MM Barchetta: Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog het hierdie motor Enzo Ferrari teruggeplaas in wedrengeledere. Hierdie motor is gebou om in die bekende Italiaanse wedren, “Mille Miglia” (Italiaans vir ‘n 1,000 myl), deel te neem. Dié spesifieke model het ook die 24 uur lange Le Mans Uithouwedren gewen. Daar is sleg 21 van hierdie motors vervaardig. Hierdie een se waarde word beraam op sowat $2,000,000.
Een van Gulf Air se vliegtuie swiep verby die Al Sakhir Toring terwyl die wedren voltrek word.