Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Kom geniet kos en wyn op Darling


Johann H Crafford - 2008-04-08

Lekker wyn, lekker kos en lekker mense is drie van die belangrikste bestanddele vir ‘n lekker lewe. En Darling se wynmense weet hoe om wyn en kos te kombineer dat selfs slegte mense lekker sal word!

Elke Saterdagaand in Mei word ‘n fees van wyn en kos op hierdie dorpie aangebied, en hulle noem dit sommer die Trinity-wynaande.

Die vyf aande sal wynmakers van elk van die wynprodusente in hierdie omgewing die gelukkiges onder ons deur ‘n proe van 4/5 van hul eie wyne neem, waarna ‘n driegangmaaltyd met drie wyne wat spesiaal gekies is om by die disse te pas, geniet kan word.

Die wynaande word by Trinity Lodge aangebied en begin om 19:00. Die program is soos volg:

3 Mei – Cloof
10 Mei – Darling Kelders
17 Mei – Groote Post
24 Mei – Ormonde
31 Mei – Tukulu.

Die kos- en wyngeleentheid kos R150 per persoon, maar mense wat ‘n ekstra glasie of drie wil geniet, kan gerus oorbly en ‘n wonderlike aand daarvan maak, of sommer ‘n lekker naweek.

Vir meer inligting, kontak Shaun McLaughlin by 083 325 4148 of stuur ‘n e-pos-boodskap aan stay@trinitylodge.co.za.