Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Benoni vervolg


Olga - 2008-04-02

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

My “alleen aand” by die huis het ‘n drasties eienaardige wending geneem. My skoonsus was besig om met my brein en lyf te smokkel. Nadat sy my hand tussen haar bene ingeskuif het, kon ek voel hoe kookwarm sy was. In ‘n speelse gevroetel het ek my middelvinger uitgetrek, my duim gestrek en dit reguit in haar in geglip. Sy’t stadig op my hand afgesak en warm, klam lippies het my hand omvou. Die harigheid van haar vrouwees was heerlik – soveel mense deesdae is fashion bedonnerd en skeer alles af!

Ek’t effens ingeskuif op die bed, weg van die kant af, bietjie na die middel toe, en sy het langs my kom sit. Ek was plat op die naat van my rug, sy op haar knieë. Haar linkerhand het sag op my onderlyf kom rus terwyl haar regterhand aan haar stunning borspunt gepeuter-knyp het.

Ek't my bene effens oopgema– … nee, hulle het oopgegaan! Sy't die teken gelees en haar hand het afgeskuif tussen my dye in. Na ‘n paar sekondes se voel-voel sê sy: “Jy’s self ‘n bietjie harig, voel ek?”

“Ja,” antwoord ek, “ek hou van natuurlike meisies.”

“Ek weet, jy’t my al voorheen vertel.”

“Nonsens, jy,” sê ek.

“Nee kom nou,” sê sy, "jy’t al met my van ‘natuurlike mense’ gepraat, maar ek's mos nie stupid nie.”

“Jy bedoel ek's so obvious?”

“Uh-uh, maar dié wat weet waarvan jy praat, weet wat jy bedoel.” ‘n Baie, baie skelm glimlag het op haar gesig gewys.

“O ja? En van wanneer af weet jy waarvan ek praat, as ek mag vra?” Uurgh, daai linkerhand van haar was besig om my krane oop te draai …

“Jy sal nie onthou nie,” begin sy toe, “maar net nadat ek by … net nadat ek hier begin kuier het, was ek eendag saam met jou en ‘n pel East Rand Mall toe. Julle het klere en goodies gaan koop vir college. Ek’t toe, op daai dag, beginne lont ruik.” Die huis was gevul met ‘n vars reënluggie, alles was skoon en vars buite, hoewel hier binne ‘n bietjie klam en bedompig.

Terwyl haar vingers speel-speel van been na been op en af beweeg het, het sy voortgegaan en vertel van die shopping trip, die aanpassery in Mr Price, die middagete, social commentaries op meisies en mense … alles … asof dit gister was. “Genugtig, ek kan dit amper nie eers onthou nie, en jy vertel asof dit opgeskrewe geskiedenis is!”

“Jip, daai dag is ‘n vlammetjie in my wakkergemaak. Ek was oortuig julle was in ‘n verhouding.” Flippit, as ek reg kan onthou was sy maar ‘n dogtertjie daai tyd, relatief gesproke – sy was immers al hoeka al uit die skool uit en so aan!

“Wow, jy was nogal vroeg ryp?”

“Nie ryp nie, net geprikkel. Internet pop-ups, jy weet!” antwoord sy met ‘n skaam-skelm laggie, en lê haar kop op haar linkerskouer. Ek kon sien hoe sy bloos, al was dit donker hier rondom ons. Sy’t diep gesug, so half snikkend-sugtend met die inadem … duidelik het ons albei asemhalingsprobleme gehad!

‘n Rustige stilte het oor ons twee gedaal. Behalwe vir haar sagte handbewegings oor my joggerbroekie was daar nie juis ander geluide nie. Net dit, en die reën.

“Dis lekker saam met jou,” sê sy na ‘n paar minute, en haar hand vryf in ‘n halfsirkel weer oor my magie.

“Ek's bly. Uuhm, ons moet net oppa– …”

Toe val sy in my rede. "Nee, moenie worry nie, ek speel net ‘n bietjie, ek wil niemand seermaak nie. En as ons dit so kan hou – net bietjie speel - sal ek moerse happy wees. As jy wil, natuurlik? Ek soek net die avontuur.”

Ek kon op daai oomblik nie die emosionele tweestryd in my ontken nie. Sanet was iemand ander s’n, iemand na aan my, maar tog het sy haar wel aan my beskikbaar gestel. “Is jy seker jy moenie dalk terug aan die ander kant van die lyn gaan staan nie?” vra ek.

“Nee,” verseker sy my. “Kom ons sê maar net dat ek nie so ‘n square meisietjie is as wat baie mense dink nie.”

“Akkoord,” sê ek, vat aan haar hand, en stel voor dat ons dit lekker close-knit en spesiaal maak.

“Gaan julle ooit eendag by my kom kuier?” wou ek weet - natuurlik met voorbedagte rade.

“Wel, ons het al hier by die huis rond gepraat om by jou ‘n draai te kom maak, maar moet niks noem nie. En ek bedoel nie regtig jou ma-hulle nie – jou paps is nie rustig met die vliegery nie.”

“Ja, ek weet,” gooi ek in die gesprek in om myself kans te gee om asem te haal. Ek sou glad nie omgee as Sanet saam kom speel in Dubai nie. Die atmosfeer is daar soveel anders.

“Ek verstaan jou maatjie van destyds is ook daar?” vra sy.

“Ja,” smile ek. “Wat wil jy vir my sê?”

“Wel, ek sou graag meer wou weet wat tussen julle gebeur het, of sal ek sê, wat tans tussen julle gebeur.”

Ek het opgekyk na die plafon.

“Pla die vraag jou?” wou Sanet weet.

“Nee, nee, ek's seker net oorbluf met vanaand. Met nou, ek bedoel alles nou en ons gesprek. Hoekom vra jy so?”

“Ja, daar's iets wat ek wil sê,” antwoord sy en lig haarself van my duimvuis af waarop sy nog die heeltyd gesit het. Ek’t skielik ‘n emosionele drop ervaar, soos die outjie op skool toe jy vir hom gesê het, “Ja, ek's lief vir jou, maar as ‘n vriend” – só, soos hulle dan gevoel het, want hoekom het sy dan van my lekker hand af geklim?

“OE!” snak sy toe ‘n nat klapgeluidjie deur die vertrek skiet. Sy’t nie opgestaan en uitgeloop of so iets nie. Ek was verlig. Ons al twee lag en die spanning verdwyn in die donker gang af. “Irene, ek wil nie hê jy moet sleg voel nie. Maar, uhm, ek en jy is al twee regte wittetjies, sproetjies and all, en jou maatjie – as ons van dieselfde meisie praat, nè – is donker. Ek's mal oor haar tipe look, en ek sou – maar asseblief, moenie sleg voel nie – ek sou haar nogal graag op my wou hê.”

“En wat dan van my?” reageer ek. Haar ferm hand tussen my bene op het my vraag in die positiewe beantwoord. Nice.

Soveel van gemengde gevoelens had ek sekerlik in my lewe nog nie ervaar nie! Hier lê ek, bene oop, so jags soos ‘n rondloperhond, besig om ‘n girltjie ‘n klompie jare jonger as ek op te line vir ‘n wille vry – of sy my – en die volgende oomblik vertel sy my sy kom Dubai toe om my maatjie te kom doen! Maak nie saak hoe ek dit in woorde wou sit nie, maar die hele emosionele bolmakiesie het my net meer lus vir hierdie vroumens op my bed gemaak.

Die weerlig het vinnig oor die gordyn gestrobe en voordat mens die gedonder kon hoor, het ek haar oor my bors getrek en my tong in haar mond op gestoot. Haar heerlike reaksie het gelukkig bevestig dat ons steeds op dieselfde stasie was. Die Dubai-gesprek sou vir later, of eerder, vir ‘n anner dag moes wag.

Ons monde was ‘n mengelmoes van smaak, raak, krul en suig. Sanet was besig om op te maak vir jare se uit-lose. Ons lippe het momenteel uitmekaar beweeg, net ver genoeg vir mens om asem te skep, en met die afkomslag het sy haarself lomp gevra, “Hoe de fok kon ek so lank gewag het?!” Sy’t weer die asem uit my longe beginne suig. Vier hande het orals gevat, rondbeweeg, hard, met oorgawe, met “jy’s myne” in hul aanraak. Sy’t haar een been tussen myne gesit en handeviervoet oor my gerus. Ons het bietjie-bietjie begin sweet.
Haar sagte borste was lieflik op my. Haar linkerhand het afgeskuif terug tussen my bene in, dié steeds wyd oop. Met ‘n elegante gewrigbeweging was haar hand onder my joggertjie in en ek kon hoor hoe my hare teen haar handpalm skuur. Haar vingers het heerlik heen en weer oor my gladlippe gegly. “Uurgh, fokkit, wag!” het ek gedemp in haar bos hare gesmeek, “ek gaan kom.”

“Nou kom vir my, kom oor my hand, ek wil jou kom tussen my vingers voel. Kom vir jou sussie, toe …” Hierteen kon ek nie veg nie en ‘n paar diep asems daarna het my hele liggaam in ‘n spasma ingegaan. “Diiis lekker, jaaa, knyp my hand in jou vas,” was haar instruksie. Ek het agteroor gebuig en op my sy gedraai. Toe ek “bykom”, was sy bo-op my. “Jy’s ‘n jagse pes, Irene,” sê sy toe; “ek wil jou gesig in my hê. Doen my, doen my vir die eerste keer, maak dit die moeite werd, jy weet mos hoe? Hmm?”

Hierdie meisie was besig om my te leer wat “hard naai” beteken. En as sy eerlik is, was hierdie haar eerste keer. My intro destyds was baie mellow vergeleke met hierdie sakie! ‘n Klomp dinge het daarop gedui dat ons hier met ‘n first-timer te make het. Ek onthou my gedagtes en ervarings voordat ek my eerste scene gehad het: jare se opbou en dagdroom, planne maak, wonder oor hoe sy dit “eendag” sou doen … Mág mens dit doen? Wat gaan die mense sê? Wie kan ek vertrou om dit mee te doen? … Al daai goed waaroor ons van vroeg af worry. Die losbreek van al daai goed het sy nou op my uitgehaal – soos Laurika se song sê, “(sy) groei soos mos op my”. NIKS, soos in NIKS, kan ooit naby ‘n maagd se erotiese uitbarsting kom nie. Ek’t myself emosioneel en fisies in haar hande geplaas. Ek was reg vir haar liefdesgeskenk!

Sy het agteroor geleun en haar nagjurk oor haar kop uitgetrek. Sy’t my broekie gegryp en dit het langs die bed geland nog voordat ek my t-shirt kon afkry. Sy’t my weer op my rug gedraai en haar mond het hard op my regterbors geland, só dat dit plat langs my sy afgepeul het. Ek kon haar tande in my vel voel inbyt. Sy’t met mening gesuig en my harde punt was diep in die erotiese vakuum van haar mond.

Ek's mal oor ‘n vrou se diep geure wanneer haar liggaam seksueel oorweldig word. Elke plekkie op haar liggaam kry sy eie geur – agter die oor, die haarlyn, die handpalm, die sagte vel om die borste, daai stukkie lyf net bokant jou boude, die waai van haar arm. Stunning. Sanet se asem het kwaai gejaag en sy moes elke nou en dan snak. Geluidjies van genot het haar onvoorwaardelike oorgawe aan die vleeslike beklemtoon. “Skuif bietjie ondertoe,” het sy beveel terwyl sy regop beur, haar hare oor haar skouer gooi, teen die bed se kopstuk steun en wydsbeen oor my gesig kom kniel. Haar intiemste geur was skerp en amper oorweldigend hier neffens my neus. Sy’t op my gesig kom sit en voor ek ‘n kansie kon kry om bietjie na haar te kyk was my gesig toe in die sagte voue van haar vrouwees. Haar pubiese bos het teen my wange gevryf en my mond was vol meisiesvleis. Báie vol. Hemels.

Ek het oopmond gesuig en so diep moontlik gaan eet. Haar smaak was fantasties. “Eet my, eet my, jy eet mos ander poesies? Nou eet my dan, suig my uit!” Haar een hand het ‘n klos van my hare vasgegryp en met ‘n kragtige beur my gesig nog dieper in haar probeer indruk. Instinktief het my hande om haar sterk wit bene gevou en ek’t haar nog harder nader getrek, net ingeval. My gewillige tong het diep in en uit gegly, heen en weer, gesuig en gedruk, volmond gesluk.

Sy het my gesig wild gery, lank, sonder sinnelose kommentaartjies, committed. Toe, skielik, het hierdie volgespierde liggaam op my tot stilstand gekreun terwyl haar sterk tennisbene my kop vasgeklem het. ‘n Verandering in smaak en tekstuur het bevestig dat Sanet klaargemaak het. Vir die eerste keer in ‘n ander vrou in. In my in. Ek het instinktief aanhou eet, selfsugtig.

Na ‘n paar oomblikke se bewuswording – met haar geswelde lippe steeds in my mond - kon ek die nat van vroeër tussen my boude voel afloop. Ek’t my oë vir die eerste keer in tien minute oopgemaak en diep in hare gekyk. Dit was nou my beurt om te sit …