Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Die bus Baai toe


Andr� van Zijl - 2008-04-02

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Dit was al donker toe die bus in Somerset-Wes intrek. Die Junie-reëntjie het saggies neergesak. My sitplek was in die vierde ry van agter teen die regtervenster.

Die plek langs my was reeds beset toe ek met die gangetjie langs daar aangeskuif kom. Ek het my handbagasie in die rak ingeprop en vir die kêrel wat langs my sou sit, geknik. Hy het opgestaan en my laat deurskuif. Verlig het ek my in my sitplek neergelaat. Dit gaan ‘n lang nag Port Elizabeth toe word.

Die eerste semester van my derde jaar in chemiese ingenieurswese was suksesvol agter die rug en ek was vir die lang wintervakansie op pad huis toe in die Baai. Omdat Pa ‘n onderwyser in die hoërskool is en Ma dieselfde in ‘n laerskool doen, is ek nie een van daardie Stellenbosse studente met ‘n blink nommertjie op vier wiele nie. Fietsry klas toe en busry huis toe was dus my voorland, hoewel die hoop sterk was dat die spaargeldjies teen die middel van my vierde jaar vir die begeerde tweedehandse outomobiele onafhanklikheid sou sorg.

Nadat ek my in my sitplek tuis gemaak het, was dit tyd vir nadere kennismaking met my buurman vir die volgende tien uur. Hy het sy hand na my uitgesteek en hom voorgestel as Chris Steenkamp van Durbanville. Op my beurt het ek my as André van Zyl bekend gestel.

Buurman was heel aangenaam op die oog en sy stem goed op die oor. Langerig en dunnerig, maar sterk gebou, met ligte hare op pad boontoe en ‘n effense snor. ‘n Vierkantige en sterk gesig met ‘n vriendelike trek om die mond. Sy stem het by die lyf gepas en was nie Kaaps nie. Die ouderdom was middel- tot laat dertigs.

Die tipiese Afrikaanse manlike kennismakingsritueel het gevolg. Waarheen is jy op pad? Hoekom? Waar kom jy vandaan? Wat doen jy vir jou brood? Watter rugbyspan ondersteun jy? Toe dit blyk dat albei van ons Stormers-manne is, was die onvermydelike geweeklaag oor ons span en WP-rugby aan die beurt.

Chris se weduweemoeder was nog alleen in haar Humansdorpse huis en hy was op pad soontoe om haar trek na die ouetehuis te behartig. Sy kon haar kar ook nie meer hanteer nie en die plan was dat hy ná die trek die voertuig sou oorneem en daarmee terug Kaap toe sou ry vir sy vrou se gebruik.

Eers later volg dan huweliks- en gesinstatus. Chris het ’n vrou en twee kinders in die laer klasse op laerskool en beklee ‘n middelbestuurspos by ‘n groot versekeraar met vooruitsigte op bevordering as regstellende aksie hom nie pootjie nie. Ek bely dat ek nog ‘n student is, ‘n halfvaste meisie het, en oorweeg om ná my graad weens die einste regstellende aksie na moontlikhede in Australië of Kanada te gaan kyk. Kortom, ons twee daar langs mekaar was tipies van jonger wit manlike Afrikaners in die jaar 2007.

In Riviersonderend stop die bus by die Shell Ultracity en almal kry kans om te gaan bene rek en hulle blase leeg te maak. Ek en Chris staan langs mekaar by die krippe. Gewoond aan die ritueel kyk ek na die plafon terwyl my straal teen die wit porselein plas. Tot my verbasing kom ek agter dat Chris duidelik besig is om my voël sydelings te bekyk. En toe ons saam uitloop, volg die nog meer ongewone opmerking van sy kant: “Magtig, maar jy het ‘n swingel soos ‘n perd.” In reaksie op dié oordrywing stamel ek iets daaroor dat ek nog nooit klagtes daaroor gehad het nie.

Terwyl die bus verder ooswaarts rol, maak die passasiers hulle tuis vir die nag. Diegene wat wil, kry kombersies en die binneligte gaan af. In die donkerte stel ek en Chris, elk toegemaak met ‘n kombers, ons stoelleunings terug en maak ons tuis vir die volgende skof.

Chris se onverwagte opmerking oor die ooreenkoms tussen my en ‘n perd se anatomie het bly vassteek. Hoewel ek die reeds genoemde halfvaste meisie het en my toekoms deeglik in terme van vrou en kinders sien, was ek ook vir vyf jaar op ’n seunskool in ‘n koshuis. Daar het ek ‘n paar keer adolessente seks met my kamermaat en ‘n ander pel gehad. Niks ernstigs nie: aan mekaar se piele gevroetel en gesnuffel en uiteindelik mekaar se draad getrek. Sleg was dit nie en ek was nie ongeneë om dit weer te probeer nie.

Ek skuif my linkerbeen stadig tot teen Chris s’n en begin dit liggies teen sy bobeen te vryf, so asof dit per ongeluk in my slaap gebeur. Lank hoef ek nie te wag voor ek ‘n reaksie kry nie. Chris se hand val ligweg op my bobeen, ook kwansuis so half in sy slaap. Om duidelik te maak dat dit nou ernstig word, vat ek sy hand onder die komberse stewig vas en sit dit tussen my bene bo-op my stywer wordende voël neer. Geen woord word tussen ons gewissel nie.

Deur die materiaal van my broek druk en knie Chris daar waar dit saak maak. Na ‘n rukkie begin hy met die gespe van my lyfband sukkel. Toe hy nie juis vorder nie, begin hy aan die rits van my gulp trek, maar ook sonder veel sukses vanweë die posisie waarin ek sit. Ek stoot sy hand saggies weg en doen self die nodige deur my sitvlak op te lig en my broek onder die kombers tot op my knieë af te wikkel.

Nou kan hy vat waar en soos hy wil. Sy hand – nogal groot en sterk vir iemand wat met papiere werk – vat my voël eers in ‘n stewige greep vas en begin my voorvel stadig op en af te skuif. Kort daarna begin hy met sy vingers verder verken: van my naeltjie af tot by my piel, in my balhare, dan my gladde en halfnat voëlpunt, die plooie van my balsak, die spleet onder my balle op pad agtertoe.

Met my oë toe in die donkerte van die voortsnellende bus moet ek my daarvan weerhou om hard van lekkerte te begin kreun. Af en toe vat Chris sy hand weg om daaraan te ruik. Dan kom hy weer met ‘n sagte druk en buig my stokstywe voël effens krom.

Skielik stop sy hand en versigtig trek hy dit terug. ‘n Ouerige vrou skuif in die paadjie af by ons verby na die toilet toe. Dit duur ‘n hele paar minute voor sy weer terugkom. In die donkerte sit ek met my harde piel en wag op Chris se hand.

Toe sy hand weer terug is, slaan hy stadigaan oor na ‘n regte draadtrekritme: eers stadig en net met drie vingers, dan veral op die rand van my pielkop, daar waar dit die gevoeligste is. Ek voel hoe my asem al hoe vinniger kom. Hy gryp nou vas met sy volle vuis en slaan ‘n behoorlike tempo aan. Ek voel hoe dit in my opbou.

Ek kan nie onthou dat ek al in my lewe so sterk geskiet het nie, ook nie die keer toe ek en my meisie die eerste keer volle seks gehad het nie. Dit het eers diep in my balle saamgetrek en toe met volle krag na buite gespuit. Tussen my sagte rukkings deur kon ek voel hoe die onderkant van die kombers oor my taai en nat word. Stadigaan drup my saad langs my voël af oor Chris se hand en in my balhare in.

Hy bring sy hand na sy mond en lek saggies die vog daarop af. Saggies vat hy weer my halfstywe stok vas en laat dit in sy hand rus totdat ek heeltemal slap word.

Half deur die blare merk ek hoe hy uit sy sitplek opstaan en na die toilet agter ons beweeg. Ek is seker hy het meer as net sy blaas daar gaan leeg maak. Terwyl hy weg is, maak ek myself min of meer netjies deur die skoot op my maag met ‘n sakdoek op te vee, die kombers ‘n bietjie skoon te vee, en uiteindelik my klere reg te pluk en my gulp toe te trek. Die reuk van man-wees sit egter nog orals om my.

Toe Chris weer langs my kom sit, vat hy kortweg aan my arm en dan draai ons al twee skuins in ons sitplekke. Dit vat my nie lank om in te dut nie.

Die nag verder is tipies: stop en ry, ligte aan en af, slaap en wakker wees. Toe ek voel, eerder as hoor, dat Chris opstaan en sy koffertjie uit die bo-rak haal, besef ek dat ons die stop by die Van Stadensbrug bereik het. Iemand sou hom daar kry en Humansdorp toe vat. Hy het rustig oorgebuig, my bo-arm ‘n druk gegee en in die paadjie af verdwyn.

Ek het hom nog nooit weer teengekom nie.