Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns > Katvrou: Katswink

Chris Chameleon en my amigdala


Katvrou - 2006-10-03

Ek’t die eerste keer besef ek’t ’n amigdala* toe KOBUS! in die jaar 2000 met hulle anti-inflammatoriese “Gee Raat” daarvan praat:

gee raat vir die polsende, stomende, jeukende selfverwyt
gee raat ou man vir my lewensplan,
die prys van sneeu, die nuwe eeu
gee raat vir die wriemelende amigdala in my brein …

* ’n Amandelvormige massa grysstof in die serebrum wat ’n rol speel in naderings- en vermydingsgedrag. – Psigologiewoordeboek (Gouws, Louw, Meyer en Plug)

Wel.

Laasweek, vasgevang in die betaaldag-euforie, kry ek toe Chris se Volkleur-DVD en kyk dit tot laat die nag. Negentien liedjies, sewentien gesigsuitdrukkings, triljoene kleure in sy stem. Onder my skedel trippel my amigdala in ’n kwinkelierende prismajassie rond. Chris het alles hier vir jou neergesit. Nie net Ingrid Jonker nie. Die BOO!-dinge. Ek verstaan skielik waarom hy “Hold” uit TNTLC as “Houvas” op 7de hemel gaan sit het. Die moeitelose wyse waarop “Wishboan” en “Duv Mafia” uit hom val. “Nice music you’re making, Baby …” Ek onthou hoe hy die oktawe tot in die sewende mag vir hom vat in Pynapl se “Angils”. Ja, dis moeilik om BOO! te mis. Maar dis ’n tydperk met ’n toe deur sonder ’n slot en hoe gouer mens dit besef, hoe beter. Dis soos toe die Abelarde in Brixton toegemaak het. Jy wroeg, krap jou oogballe met stomp dessertlepels uit, druk dik stulpsels Deep Heat in jou neusgate in. Net om te vergeet dat jy dit mis.

Maar, daar is mos altyd die CD’s. En die herinneringe in jou kop.

Met die TV-reeks was ek moerig. Gedink hy’t nie nodig dat die TV-kameras hom in ’n klein godjie verander nie. Kyk hoe vol is sy vertonings reeds. Waarom dit nog erger maak? Tog moet ek vandag erken (met ’n groottoon wat in die grond boor) die enigste ding wat my van 7de hemel irriteer, is sy gebruik van die woord uitgemis in “Reis”. Jigggg, Chris. Jy is dan ’n puris. Of is ek nou sommer net ’n gekonstipeerde ou koei? Omdat ek verbaas is dat die liedjies op Shine aan spesifieke mense in jou lewe toegewys is? Dat ek befok en moerig raak wanneer mense agter hulle drankies kak en kerm omdat jy juis jou derms so oopgegooi het? Vir Leon en Ampie met klippe gooi? Dat jy weier om huigeltaal te praat?

Ek onthou die woorde in Back2Basix, ’n paar minute voor jy die verhoog vat om Ek herhaal jou in Westdene op te voer: “Chris, was dit nie beter dat BOO! juis geëindig het terwyl dinge nog goed gaan nie?” Jy wat nie ’n oomblik twyfel nie: “BOO! sou NOOIT swak gewees het nie.”

Ag ja. Ek luister na wat mense sê.

  • Chris Chameleon - hoe kan jy nie weet wie hy is nie? Ek is gek oor die man se musiek! (My buurman se ma in antwoord op sy vraag: “Wie is Chris Chameleon?” My buurman is 38; sy ma is 62.)

  • Nee, ek voel ’n man moenie Ingrid Jonker se gedigte sing nie. Dit sou beter klink as ’n vrou dit doen.

[Kort stilte.]

Ek stem nie saam nie. Chris Chameleon is die enigste man wat dit mág doen.

  • Chris Chameleon is ’n asshole. Hy’t befokte musiek gemaak toe hulle Blue Chameleon was.

[Geen verdere verduideliking oor spesifiek waarom Chris ’n asshole is nie. Ek wonder of dit dan juis ook die oorsaak is vir sy vol dagboek. Mense gaan kyk en luister na Chris Chameleon se optredes want hy’s ’n asshole. Dit maak soveel sin.]

  • The man is amazing; I can imagine him standing on his head, gargling watermelons to make the sounds he coaxes out of his vocal chords. He yells, wails, croaks and squeaks. (Rebecca Kahn – Stage (Aug/Sept))
  • Oor Ek Herhaal Jou: “Baie mooi, maar bietjie gay.”
  • I sat and drank OBS till sunrise with a guy from a band who shall not be named, who said: “I cried for Chris Chameleon.” The reason he shall not be named is that this was crying of joy. We agreed, or I said and he nodded, and said “Ya, that's it,” a lot, is that Chris Chameleon routinely used to overdo it at live gigs. He'd close his throat. He'd camp it up. He'd freeze his audience out (well, aside from the chicks who're still inexplicably BOO! hot) like a hyperactive kid at a jumping castle party. Who needs that when the Parlotones are doing sped up versions of “Here comes the man” and “Lisa Se Klavier”? On Friday, Chris Chameleon took that stage, that audience, and he made love to them. Not, for once, like Chris Chameleon wanted it. But like the audience – who are more important – wanted to be made love to. It was so good that it could have been off the albums. There are three great albums from him in the last 12 months. (Jean Barker – News 24 Entertainment)
  • Ons kweel saam. “Boooooo!!!! Booooooo!!!!” Hy drink die applous in met ’n oogrol wat dreig om sy oogspiere los te ruk. Hy gooi my met lirieke wat so vinnig uit sy mond spoeg, ek voel ’n troshoofpyn wikkel agter my linkerslaap. Ignoreer dit. Hy sê hy hoop ons is almal lucky vanaand. Whooohaaaaa!!! En val weg met ’n apie-trip getitel “Lucki”. “Ah believe a’hm gonna get lucky somedaaaaayy ...” Hiehiehie. Die bene vou soos glipgladde slange om daai mikrofoon. Chameleon draai en swaai, hy knoop homself soos ’n skisofreniese koeksister oor die kitaar. Die vingers trippel en terg. Die dromme is totaal hitsig in ’n oerwoudritme – Prinses Leonie swaai die stokke sensueel oor sy kop, voor sy gesig verby, dit lyk of dit aan sy vingers vasgeplak is. “Tarra-taaaaau, tarra-taaaauuuu, aaaaaiiiiiiiieeee-tarrrrraaaaaaaaaa!!!” Ja die vokale en konsonante kook saam tot ’n raserny van ooglopend sinlose woordstringe. Aaah but people in front of me, I am only fooling you. Hy sien ons almal duidelik. Hy snaar sy vennote vas en hulle lag vir ons. Want die gig is so bliksems lekker en kakofonies en vol prismas en esoteriese getjoinngs. QUOTE VAN WIE?
  • The heart is a cemetery to pain. (Chris Chameleon)

Die manier waarop Shine my binnekant bewerk, is steeds moeilik om gewoond te raak. Soms vergeet ek hierdie man het saam met Ampie en Leon in ’n tydperk van sewe jaar 800 lande deurgereis, en BOO! se kleure, klanke en monkipunktaal in duisende andersdenkendes se koppe ingekweel. Want sien, “Loving Fool” het my sonder uitsondering teen die plafon. Ek hang daar met gebreekte naels terwyl my rugstring plesierig bloed sweet. Daardie geluide wat hy uitgil aan die einde. Ek wil dans in gloeiende kole onder die maan met ’n perfekte lyf en die mooiste paar tieties in die land, ek wil kliphard lag en huil vir die maan – en vieslik vloek omdat my ore nie hierdie bedonnerde stem vir altyd gaan hoor nie.

Dan luister ek maar na “Machine”. KLIPHARD.

machine (for brother jooo!)

machine, my shape
i'm a robobotical ape
my rock, my core
my come on on back for more
my functions well
my signs the good tale tell
my beat, my pulse
electricgalactical waltz

my think, my thought
my sold and all my bought
marooned my boat
my stuck without an ore
your tease, your ties
you're steered by others' eyes
your boat capsized
in the oceans i have cried

so who's this 'i'?
is it i or is it we as well?
can the skin keep in not only bone
but soul as well?

your need for me
my need just yours to be
we've failed, we're free
but it hasn't made us happy
you're you, and ‘you’
means all the others too
i'm me and ‘me’ means:
chris chameleon, that's who!

can't get enough
of what there's more to get of
all that satisfies
is what you keep when you die
can't get enough
of what there's more to get of
all you can't get bored with
is what you're born with

Chris Chameleon. Op heelwat vaal en kwaai dae is hy die kleur in my kop.

Laaste sê

“Why does he have to demonstrate his vocal range in every bloody song?”

Ek staan voor my hangkas, en giggel.

Omdat hy kán.

Katvrou