Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Anton Goosen: Met liefde ... van die Liedjieboer

Aan al die ultra-ver-regses en die Flat Earth Society


Anton Goosen - 2008-03-26

Kom ons begin by Paashaas. Iets het seker skeefgeloop by die uitbroei van die eier, want in sy / haar / dit se oorspronklike skrywe sê dit baie duidelik "Musiek en liriek". Net om hom/haar/ditself later te weerspreek en te wil verklaar dat sy / haar / dit se brief eintlik aan ʼn ander ultra-ver-regse, ene Anton B, gerig was! Bwah! Ek het geantwoord, maar jy skryf toe terug en verklaar.

Hoekom op godsaarde sou jy Anton B met Musiek en liriek wou verbind? Om van jou verspotte statement dat die uitval eers later plaasgevind het en dit net “skakelwerk” was nie eens te praat nie. Paashaas, word wakker: Musiek en liriek was in 1979! Nie onlangs nie. Dalk het die eier toe nooit uitgebroei nie.

En van vrot eiers gepraat, Bart Nel:

Hier is ʼn pragtige voorbeeld van suiwer wit woorde! En veral: "Alle swartes is nie misdadigers nie," kwyl jy.

Wat probeer jy sê, dude? Dat alle misdadigers swart is?

En dan gorrel jy verder: “Trek dus jou ou pienk onderbroek aan en gaan sing iewers vir 'n swart groepie; jy maak my naar."

Ek sing wel vir swart groepies, soms, Bart (Simpson), en heel dikwels vir wittes en bruines. En snaaks, hul noem nie eens jou naam nie. Ek ook nie.

En nou kom ons by die Hitler van die gespreksituasie. Die Übermensch. Die suiwerste van suiwer. Hy/sy/dit wat dit nog nooit eens buite Orania gewaag het nie. Die ene Anton B. (Let wel, al drie klaers gebruik skuilname.) In jou een skrywe maak jy hierdie ongelooflike stelling.

Sies! Hoe jou verwronge onderbewuste enige teken van seksuele ondertone hieraan kan koppel, gaan my verstand te bowe! Jy behoort haar om verskoning te vra. Of is dit jou eie versugting na die ontlokking na interrassige gemeenskap wat jou hierna dryf? Het jy al by ʼn swart vrou geslaap? Was dit lekker?

Anton Barnard, jy hoef nie te antwoord nie, want ons weet Praag en hul maatjies gaan baie ontsteld wees omdat hulle tien teen een ook al het.

Daar is mos die ou statement van so en so hou nie van swart mans nie! First you fuck them, and then you hate them.

Maar soos die AWB sê: “Dis net ʼn paar sentimeter turf, dan is jy in die rooigrond"!

Het jy van jou kinderoppasser gehou, Anton B? Kontrasuggestie?

In die sielkunde, Anton B (terloops, hoekom gebruik jy wel ʼn skuilnaam?), noem ons jou argument(e) ontkenning en projeksie. Ontkenning (denial) soos in ʼn versugting na die veilige verlede. Die veilige verlede toe jou velkleur beskerm was met masjiengewere. En nee, ek verwys nie hier na wat in Duitsland gebeur het nie. Ek verwys na ons eie mooi land. Ons land wat bloei. Ons land wat geen positiewe hulp van jou of jou regse maatjies in Praag et al geniet nie. Gewapen met eensydige onakkurate statistieke speel jy die rassiskaart.

Dis my land dié ook!

Projeksie omdat jy jou eie vrese op ander mense projekteer. Dis ʼn eeue-oue verdedigingsmeganisme by homo sapiens wanneer hy bedreig voel.

Terloops, wie is “Pine” na wie jy verwys? Die enigste Pine wat ek ken, is Pine Pienaar van Radio Pretoria - ʼn beskaafde man met wie ek dikwels telefoniese gesprekke voer. ʼn Man wat byvoorbeeld ná die roofaanval op my (let wel, nie rassistiese aanval nie) beskaafd gevra het of ek oukei is. Iets wat jy nagelaat het om te doen. Net soos jy ná Nadine Gordimer se aanval gedoen het, behalwe daardie vieslike opmerking van jou sogenaamde en verspotte Stockholm-sindroom, met ander woorde, dat sy graag gerape sou wou word.

Sies!

Ek ken nice rassiste en regses. Maar jou projeksies is verregaande en ver onder die menswaardigheidsvlak. En met opmerkings soos daardie, en dié ná die aanval op my en Lochner, is jy self nie juis op ʼn hoër vlak as die aanvallers self nie.

Jy weet nie waarvan jy praat nie.

Het die aanvaller gesê: "Ek haat jou omdat jy wit is en daarom beroof ek jou en skiet ek jou dalk dood?”

Nee, in al die voorbeelde, nee! In al die voorbeelde wou hul materiële besittings roof.

Is dit so moeilik vir jou om te verstaan?

Is jy al aangeval, Anton B?

Nee, jy is nie.

Die aanvalle was rooftogte wat NIKS met rassisme te doen gehad het nie. Dit het te doen gehad met roof.

Jou statistieke is so eensydig soos die Flat Earth Society s’n wat die rondheid van die aarde betwyfel.

Swart mense in hierdie land van 43 miljoen inwoners ly baie meer onder misdaad as die handjievol wittes wat ook daaronder ly. Feite en statistiek. “But here is an interesting statistic from Jonny Steinberg, one of the more sane voices on crime: Whites constitute 1 in 11 of the population (just over 9%) but only 1 in 33 of murder victims. Your best chance of being a murder victim is if you are Black, male and young. Driving Whites out …?”

Lees sommer die hele artikel, Anton B.

Misdaad is ʼn siekte. En die oplossing is nie etniese suiwering nie. Of om die rassekaart te speel nie. Of om aan die mensdom te vertel dat die aarde plat is nie.

Dit is wat ʼn sielkunde-vriend oor jou en ander te sê het: "Jy’s reg. Hy gaan hard moet werk om 43 miljoen te haat. Jy moet aan hom noem dat die statistieke bewys dat die arm swart mense erger onder hierdie misdaad ly as ons wittes. Hulle kan nie Chubb of Maxi of wie ook al bekostig nie en as hulle moet kies tussen brood en diefwering, is dit ʼn no-brainer. Neem nou maar die geval wat ek vir jou aangehaal het oor die dogtertjie wat weggeraak het. Dit was swartes wat deur swartes aangerand was – die arme kind se oom. Wat van Lucky Dube? So kan ons aanhou en aanhou.

"Die probleem is nie noodwendig net armoede nie, maar die feit dat ʼn sekere lot mense van watter ras geslag of geloof ook al nou vas glo dat dit ʼn makliker opsie is om so te oorleef. Ek is nie vir die doodstraf nie, eenvoudig omdat dit niks oplos nie, daar stem ek saam met die ANC, maar ons tronke op hierdie stadium is luxury education institutions vir misdadigers. Al wat kortkom is sogenaamde vryheid. Maar hy/sy het kos, slaap droog, kry sy fix en expert ervaring van die groot ouens. Dis dan wanneer ek vir hard labour wil campaign. Maak dit vir die misdadigers moeilik en hard. Hulle moet so moeg wees dat hulle nie kans sien om nog tips uit te ruil nie, of hulle moet nie eens kans kry daartoe nie. Daar is baie werk wat gedoen kan word. Dan kan hulle nog hul skuld aan die samelewing terugbetaal ook, nie ons wat moet belasting betaal om hulle hulle sogenaamde menseregte te gun nie. Volgens my – as iemand ʼn ander persoon se menseregte geskend het, het hy/sy geen aanspraak meer op menseregte nie. Obviously beteken dit vir hom/haar niks nie. Maar om ʼn groep te haat oor ʼn sekere persoon se gedrag is dom en toon ʼn gebrek aan analitiese vermoë."

Achtung Freud! Gebrek aan analitiese vermoë. Begin jy al stap vir stap verstaan?

“So kry ons ʼn nasie wat kollektief aan posttraumatiese-stres-sindroom ly. Die ding wat my die meeste daarvan bekommer is: een van die mees algemene simptome van PTSD is aggressie, frustrasie en ʼn onvermoë om dit te beheer. Wat gaan van so ʼn getraumatiseerde nasie word?”

Ek persoonlik, Anton B, is nie so gekwalifiseerd in Jung, Adler und Freud om jou spesifieke gevallestudie te ontleed nie, maar/en ek erken dat jou denkwyse wel bestaan. So ook die man wat die arme Amish-skool in Amerika aangeval het. Ek erken ook dat pres Bush bestaan, en dat Hansie Cronjé oneerlik was en gesê het: “The devil made me do it.” Ek erken ook dat Zuma bestaan, asook Zamalek (Black Label-bier).

Die geweld wat gepaard gaan met die gewapende rooftogte, het ʼn onderliggende intimidasiefaktor. Die rower wil sy gesag afdwing. Maar selfs hier is uiteenlopendhede. In my geval het die een man vir my water gebring, die ander een het my kop met ʼn pistool oopgeslaan. Die ander een het gesê: “Don’t worry, somebody will come and help you soon. Bye bye.”

In die Lubbes se geval het hul gedreig met verkragting en moord, maar het die een om verskoning gevra vir wat hul gedoen het.

Ek stem saam met Van der Hoven dat die slagoffer nie om genade moet vra nie. "Van der Hoven said it gave attackers a sense of power to hurt people. They feel they can intimidate people. They are in control and can decide if they want to torture you and how long you have to live.

"She added that rehabilitation programmes in prisons were not complete and criminals often came out of jail more dangerous than before. On top of this, they could decide if they wanted to take part in the programmes or not.

"Dr Johan Burger, a senior researcher at the Institute for Security Studies, said SA's history of violence could contribute to the problem and that violence was seen as a means to a goal. He also said that violence could be used as an instrument to get information from victims. They could use force to obtain information about safes or to get a PIN number from victims.

"According to Burger, there was a divide between rich and poor and that some people living in abject poverty could feel they had to commit crime.

"The attackers could feel frustrated with their circumstances and then take out this frustration on their victims."

Dit is die dualisme van die situasie. Hierdie is roof met geweld. Nie etniese uitwissing nie. Alhoewel ʼn persentasie misdaad wel aan rassisme toegeskryf kan word, soos byvoorbeeld sommige plaasmoorde uit weerwraak, of die voorval by Skielik, is daar geen sekerheid hoe groot die persentasie is nie. Die statistieke van Jonny Steinberg bewys wel duidelik die teendeel. En dat indien jy swart is, die kanse baie groter is dat jy ʼn slagoffer van misdaad gaan wees.

Dit is ʼn kultuur wat tydens die geweld tydens die onluste geskep is, wat nou genormaliseer moet word.

Jy speel die race card erg, maar het jy al gewonder wie het die man by Lynedochkafee wat so drie weke gelede, twee dae na hy doodgery is, deur padwerkers in die sloot gevind is, doodgery? Was dit ʼn swart man, wit man, bruin man of ʼn Asiër of ʼn Marsman wat hom doodgery het en daar gelos het? Laat weet tog, dat ek en andere ook kan weet wie om te haat!

Begin jy al ʼn bietjie verstaan hoe verspot jou argaïese en naïewe denkwyse is?

Jy noem die geval van Mandoza. Daar was byvoorbeeld nie bloedtoetse op Mandoza gedoen na die fatale ongeluk nou die dag toe twee mense dood is nie. Daar was ook nie bloedtoetse gedoen op Ashley Callie nie. Rassekaart? Nee, net eenvoudig nalatigheid deur die polisie. Mandoza was nou wel nie aangeval en beroof en langs ʼn pad afgelaai nie, maar Lucky Dube is byvoorbeeld doodgemaak. Deur wie? Rassehaat?

Dïe land bloei, Anton B(arnard), en Die Burger en Volksblad berig nie eens oor die jongste plaasaanval in Hennopsrivier nie (12/03/08)!

Dit sou ʼn veel meer menslike gebaar van jou (en Paashaas) se kant gewees het indien jul dan nou so baie vir jul eie “soort” sou omgee, om meegevoel aan Lochner of myself of my ekssekretaresse Rachelle Lubbe wat vir meer as ʼn jaar saam met my gewerk het, te betoon het, in plaas daarvan om jou/julle alewige rassehaat aan te wakker, te projekteer en te verdedig.

En so met jou en jou soort. Die vyand is misdaad. Gaan help eerder na die oorsaak van misdaad soek en wis dit uit as om al strompelend rond te slinger. Al word jou stoppelbaard in ʼn masker ontdek jare later.

Ek sluit af met ʼn aanhaling uit Jonny Steinberg se artikel oor misdaad:

"IT IS no secret that there is an anomaly at the heart of SA’s current wave of alarm about violent crime.

"The public outrage is expressed primarily by the middle classes, but the greater share of pain is shouldered by the poor.

"For those who doubt this, one statistic from a recent South African Police Service study should settle the matter. While one in nine South Africans is white, 32 out of 33 murder victims aren’t. Dying by another’s hand is not a fate that is equitably shared."

Jy, Anton B, en jou bende ultra-ver-regses, Anton B, leef in ʼn leuenwêreld.

Misdaad is misdaad. Dit maak nie saak wie dit pleeg nie. Dit is verkeerd. Almal behalwe jy en jou soortgelykes kan dit insien.

Armoede, werkloosheid en onwettige immigrasie. Aandag alle ultra ver-regses: By die lees van hierdie, is julle nie bly jul gelaatskleur is bleek nie?