Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Hoe kwalifiseer mens vir ’n tweejaar-werksvakansievisum in Engeland en is daar enige werksbeperkings op?


Breytenbachs - 2008-03-18

Ek wil graag Engeland toe gaan op die tweejaar-werksvakansievisum. Kan julle vir my sê wat is die vereistes om te kwalifiseer vir dié tipe visum? En is daar enige werksbeperkings op ’n mens terwyl jy in Engeland is met dié tipe visum?


Antwoord

Die tweejaar-werksvakansievisum is een van die gewildste maniere vir jong Suid-Afrikaners om oorsese werksondervinding op te doen en die wêreld te verken.

Om te kwalifiseer vir dié tipe visum, moet jy aan die volgende vereistes voldoen:

  • tussen 17 en 30 jaar oud wees
  • ’n burger wees van ’n Statebondsland (as Suid-Afrikaner voldoen jy aan dié vereiste)
  • na die Verenigde Koninkryk wil gaan vir ’n uitgebreide vakansie, met die doel om ook gedurende hierdie tydperk te werk, maar slegs aanvullend tot jou vakansie
  • jouself oorsee moet kan onderhou en akkommodeer
  • indien jy getroud is, moet albei partye aan die ouderdomskriteria voldoen en saam reis
  • jy mag nie enige afhanklike kinders bokant die ouderdom van vyf jaar hê of wat die ouderdom van vyf jaar sal bereik gedurende die werksvakansie nie
  • vir die retoerkaartjie terug na Suid-Afrika kan betaal
  • van plan wees om die VK te verlaat na afloop van die werksvakansie.

Rakende die werksbeperkings: die visum word toegeken vir ’n periode van twee jaar. As werkende vakansieganger mag jy nie in ’n besigheid betrokke raak of dienste lewer as 'n professionele sportpersoon nie. Jy mag ook slegs vir 12 maande van die 24 maande waarvoor die visum toegeken is, werk.

Die tweejaar-werksvakansievisum is ’n wonderlike manier vir jong mense om bietjie hulle vlerke te sprei. 

Kontak gerus ons kantoor vir verdere inligting.