Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Notas, toetse en vraestelle

Graad 12 Tweede (Eerste Addisionele) Taal HG: Voorbereide praatjie


2006-09-29

Lewer 'n praatjie van 3 – 4 minute oor een van die volgende onderwerpe:

  1. Jy is 'n joernalis wat gesien het hoe die supermodel Kate Moss kokaïne gesnuif het. Die koerantberigte wat jy oor dié voorval geskryf het, het jou wêreldberoemd gemaak. Vertel hoe alles gebeur het en hoe jou lewe sedertdien verander het.

  2. Jy word beskou as 'n kenner oor 'n bekende persoon wat sy merk in die wêreld gelaat het. Gee 'n oorsig oor dié bekende se lewe en verduidelik waarom hy/sy so belangrik is.

  3. Jy is 'n bekroonde skrywer wat groot sukses in Suid-Afrika en in die buiteland behaal het. 'n Leeskring nooi jou uit om oor jou jongste boek te gesels.

  4. Jy is 'n agent wat kombuisprodukte aan 'n groep huisvroue verkoop. Praat met 'n groep vroue waarin jy jou revolusionêre produk bemark. Probeer hulle oortuig om jou produk te koop.

  5. Jy is die hoof van die land se voorste seunskool. Verduidelik in 'n praatjie aan die oudleerlinge wat jy alles gaan doen met die R15 miljoen wat hulle vir jou skool ingesamel het.

  6. Lewer 'n praatjie voor 'n groep natuurliefhebbers oor 'n interessante dier waaroor jy baie kennis het.

  7. As generaal van 'n supermoondheid se weermag moet jy aan jou senior offisiere verduidelik hoekom julle Suid-Afrika moet aanval. Verduidelik presies wat jou plan van aksie is.

  8. Verduidelik by 'n perskonferensie hoekom jou land se president skielik bedank het. Jy is die oudpresident se woordvoerder.

Totaal: 10

 

Let wel:

A. Jy moet tydens jou praatjie gebruik maak van kaartjies waarop jy trefwoorde gebruik om jou te help.
B. Die kaartjies moet in die “Mondeling”-afdeling van jou portefeulje ingesluit word, sodat jy dit tydens moderering aan die vakadviseur kan wys.

Onthou:

* Maak oogkontak met jou gehoor tydens jou praatjie.
* Moenie jou praatjie aflees nie.
* Sorg dat jou woordeskat en woordorde op standaard is.
* Jou stemtoon moet pas by die aard van jou onderwerp.
* Jy moet jou praatjie met selfvertroue lewer.
* Sorg dat jy 'n goeie inleiding en 'n treffende samevatting het.