Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

My 'sus in Benoni


Olga - 2008-03-10

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

‘n Mens raak maar alleen so tussen the malende skares in die UAE. Dis nou die Verenigde Arabiese Emirate. En dit beteken – vir my – Dubai. Ek het pas teruggekeer van die huis af ná my vierde besoek sedert ek hier in die Midde- Ooste geland het. Hierdie keer was dit vir my besonder moeilik om terug te kom. Ek mis my mense, ek mis my omgewing – al sny Eskom die krag elke dag af.

My amper ’n maand in Suid-Afrika was baie rustig. Ek’t by my ouers op Benoni gebly (jaaaa, Shaaahleeez Theiron se plekkie!) en amper nooit uitgegaan nie, behalwe vir ‘n bietjie pub crawling en nou en dan ‘n fliek. My jonger broertjie was gaaf genoeg om so drie keer in vier weke van Pretoria af deur te kom om ‘n vleisie te braai. En dan het hy elke keer sy vriendelike vroutjie saamgebring. Dis nou eintlik oor wie hierdie verhaaltjie gaan.

Ek noem haar maar Sanet, net sodat sy nie eendag expose word nie! Sy is ‘n nooi daar uit Delmas se wêreld waar haar pa boer (of geboer het). Tipiese Boerenooi, effens sagte lyf met baie spiere onder daai wit velletjie weggesteek, en borste wat net mooi by haar effens wye heupe pas. Haar skouers, arms en bietjie op haar gesig was vol van daai klein bruin sproetjies gewees. Haar neusie het bietjie opgewip, en haar lippe was volrond – en sy was gewoonlik sonder make-up, net ‘n bietjie kleur hier en daar.

Een aand toe hulle by ons gekuier het, was ek effens grieperig, dit was so net na my aankoms uit Dubai uit. Thiaan, my boetie, wou ons almal uitvat vir ete by Mike’s Kitchen in Germiston (wat hulle toe uitvind het toegemaak) en hulle het eindelik by Bedford Centre opgeëindig. Ek’t myself mooitjies verskoon. Met my griepie het ek eerder tuisgebly en die res van die mense aangemoedig om uit te gaan omdat “ek elk geval bietjie wou jet lag opvang”. Tot my verbasing bied Sanet toe aan om by my te bly omdat dit darem te onbeskof sou wees om my – die “huisgas” – sonder geselskap te los. Vir my Ma-hulle was dit nice omdat dit hulle terug geneem het na die tye wat dit net hulle en Thiaan in die huis was. Daai jare het ek nog geswot en hulle drietjies was “die huishouding”.

Na hulle daar weg is, het ek het voordeur toegemaak nadat ek seker was die driveway hek was stewig op slot. Ek’t besluit om net die staalhek te sluit aangesien ‘n ligte reënbuitjie besig was om te val en dis ietsie wat ons nie baie in die Midde-Ooste kry nie! Daar is absoluut net niks wat kers vashou by daardie eienaardige vars geur van natgereënde grond nie.

“Bietjie koud?” vra ek in Sanet se rigting toe ek haar op die TV-bank sien lê.

“Nee wat, ek’s mal oor die reën … romanties,” sê sy speels met ‘n knip van haar oog.

“Ja, ou grapgat,” antwoord ek, “dis nie my scene daai nie. Ek gaan maar inkruip as jy nie omgee nie. Ek’s nie regtig so siek nie as wat ek eerder smag na bietjie alleen wees. Ek hoop nie jy gee om nie?”

Met ‘n uitstrekbeweging swaai sy haar kop heen en weer en voeg by: “Dis eintlik hoekom ek ook wou hê hulle moes uitgaan – ek soek ook bietjie stilte. Ek's mal oor jou boetie, maar met al daai breins is hy ewig besig met een of ander teorie en dan moet ek nou luister en saam daaroor gesels.

“Teorieë, uurgh! Sê maar vir my as die TV te hard speel, skreeu sommer vir my!”

Ek skiet ‘n butterfly-soen in haar rigting en stap gang af. Na ‘n vinnige stort het ek sommer so in ‘n los ACDC T-hemp en ‘n joggerbroekie wat al van skool af in my kas was, in die bed gespring. Eintlik op die bed, want die lug was steeds warm en klam, al het dit gereën.

“… allooooo. Koeeeieee.” Ek was wild deurmekaar toe ek met ‘n stem in die kamer wakker word. “Jy lê hier en rondrol, al prewelend. Is jy OK?” Dit was my skoonsus, altyd besig met omgee. Ek’t omgerol en haar in die amper donkerte aan die kamerdeur sien hang. “Ek loer maar net in, my ding. Waaroor droom jy? Jy’t nogals wild tekere gegaan," fluister-praat sy terwyl sy naderstap. Ek draai tot op my rug en rek wild. Dis toe dat ek sien sy’s net in ‘n sy-nagjurkie. Ek’t ‘n oomblik gevat om beter tot my sinne te kom. Sy was nou tussen die bed en die slaapkamervenster waar ‘n baie, baie sagte straatlig teen die gordyn gerus het.

Hier amper ‘n meter of so van my af het Sanet in ‘n cream sy-nagrok gestaan. Elke aspek van haar sagte liggaam het gewys. Haar heupe, haar bene, sterk skouers en twee arms wat langs haar afgehang het. In ‘n straaltjie lig kon ek die fyn haartjies op haar regterarm sien. Dis die een waarmee sy spog dat sy haar tennisklubkampioen op die baan rondjaag. My oë het opbeweeg en vasgesteek by haar vol, ronde borste en nippels wat soos duimhoedjies lyk. Sy’t presies geweet wat sy doen, of eerder, wat in my kop rondgedwaal het. Sien, in een van ons kuiersessies om die kroegie het ek laat uitglip dat ek “eendag nog ‘n meisie wil soen”. Sy’t toe net gegiggel en gespot dat ek heeltemal te nugter, en te square grootgemaak is daarvoor.

“Het ek jou skrikgemaak?” vra sy saggies sorgvol.

“Nee,” sê ek.

“Jy lyk of jy in ‘n ander dimensie is, my dol, ‘n spook gesien het,” gaan sy voort.

“Nee, nee, ek's fine, moenie worry nie. Jammer, nee, als is OK.”

Sy’t weer gevra of ek OK is en toe omgedraai en begin terugbeweeg deur toe.

“En waar gaan jy nou heen?” was my vraag, toe sy antwoord, “Ek wou regtig net kyk of jy OK is.”

“Sanet,” vra ek toe, “hoe lank het jy in die deur gestaan?”

Na ‘n stiltetjie sê sy: “Ek het nie gedink jy sou wakker word nie.”

“Maar jy’t my dan wakker gemaak?”

“Nee, jy’t vas geslaap toe ‘n weerlig jou wakkergemaak het … altans, ek’t gedink jy’t wakker geword.”

“En toe word ek wakker.”

“Ja, en toe word jy wakker.” Mens kon die atmosfeer in daai vertrek met ‘n mes sny. Sy het weer na my toe teruggedraai en seker gemaak ek sien haar borste waar haar nippels nou soos duime gestaan het. Sy’t haar nagjurk afgetrek deur styf oor haar bobene ondertoe te vryf, eers die een kant, toe die ander.

“Is jy bang ek sien iets?” wou ek weet.

“Wat wil jy sien?” was haar onmiddellike reaksie.

“Daai atletiekbene van jou, ek wil daaraan vat.”

Sy’t nader gekom en net voor my het sy haar een been op die bed gesit, sodat sy nou op een voet op die vloer, en een knie op die bed gestaan het. Haar rok het styf opgetrek teen haar been op die bed, en ek kon uit die hoek van my oog uitmaak dat sy niks onder aan gehad het nie. “Vat maar,” was haar versoek. Haar instruksie eerder.

My een hand, wat op my maag gerus het – die ander was ewe koel onder my kop ingedruk – het in haar been se rigting beweeg. Ek het aan haar geraak met die bokant van my hand. Onpersoonlik, uncommitted, neutraal. My elmboog het gebuig en my hand het langs haar been opgegaan, waarna my hand oopgegaan en op haar bobeen gaan rus het.

“En …?” vra sy.

Ek antwoord: “Ek voel jy skeer net van die knie af ondertoe.”

“Ja,” sê sy en verduidelik dat ligte haartjies op die bobeen ‘n sagte satyn-look op koerantfoto’s gee.

“Ek’t nogal die indruk gekry dat jy effens harig is, maar nee,” het ek gesê.

“Wel, nie op my bene nie.” Haar hand het myne op haar bobeen ontmoet en sy het dit tussen haar bene ingeskuif, en op so ‘n manier dat toe sy effens afsak, ek kon voel wat sy bedoel het. Dit was sag, maar dig, en ek kon voel hoe kloppend warm sy daar was. “Maak ‘n vuisie,” het sy gesê. My duim en drie ander vingers het vuisie gemaak, en toe trek sy my hand effens nader aan haar warmte. Opeens was die bokant van my middelvinger warmnat en tussen haar lippe. “So?” wou sy weet.

“Ja, so,” was my reaksie. My hart het op daardie stadium deur die plafon geklop. Ek was so lus ek kon my lag nie hou nie.

“Vryf my asseblief,” het sy gevra en my hand het tussen haar gespierde bene begin rondbeweeg. Sy was vuurwarm, en het gedrup amper soos Oupa se tuinkraan.