Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Kennisgewings | Notices

Meditations on Easter – 21 March 2008


2008-03-06

Meditations on Easter – 21 March 2008

Op 21 Maart 2008, om 13:30 vind ‘n Paasbelewenis plaas by Mosaïek wat deel uitmaak van hulle jaarlikse paasfeesviering, PaasFest, om Goeie Vrydag en Paasnaweek ‘n momentele gebeurtenis te maak.


Met Meditations on Easter span Richard Cock met die Chanticleer Sangers, die Johannesburgse feesorkes, tenoor Nicolas Nicolaides kragte saam met die Mosaïek Kunstespan.

Die 90minute program behels ‘n mosaïek-collage van klassieke werke soos ‘Air Suite nr 3 in Dmajeur’deur J.S Bach, en G.F Händel se Hallelujah-koorwerk uit die Messias Oratorium, en ‘Panis Angelicus’. Ander gewyde werke sluit in John Rutter se seënliede, soos “The Lord bless you and keep you”, en Gaelic Blessing. Kontemporêre stukke sluit in “The Lord’s Prayer” uit David Fanshawe se African Sanctus, en die immergewilde “You raise me up”. Bogenoemde word deurweef deur Afrikaanse en Engelse aanbiddingsliedere, met simfonie-begeleiding en verwerkings deur Johan Heystek, en gelei deur die Mosaïek musiekspan.

Die program volg op meditatiewe wyse Jesus se kruisigingsnaweek vanaf die laaste Avondmaal tot met die Opstanding; met skrif- en voorlesings deur Xander Steyn, Nadia Beukes, Ammerancy Kidson en Maryke van Zyl. ‘n Komies, dog reflektiewe, vertolking van Petrus (Morné van Loggenberg) en Andreas (Phillip Burt) se ervarings tydens die Heilige Naweek dra by tot ‘n hartroerende belewenis.Ondersteunende choreografie, multimedia en samesang maak deel uit van hierdie onvergeetlike ervaring.

Verlede jaar het Mosaïek die eerste keer so ‘n inisiatief met Richard Cock op Goeie Vrydag aangepak, met uittreksels uit die Messias Oratorium van G.F. Händel, en dit is as baie positief beleef.

Kaartjies vir hierdie belewenis is by Computicket beskikbaar, of kontak Mosaïek op 011 268 4700 of per e-pos op anickes@mosaiek.com (www.mosaiek.com)