Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Gaan die nuwe puntestelsel my kanse op `n Britse-grootouer-visum versleg?


Breytenbachs - 2008-03-03

Vraag

Ek verstaan dat die Britse regering besig is om die huidige immigrasiestelsel te vervang met ’n tipe puntestelsel. Ek het ’n Britse grootouer gehad en ek verstaan dat dit my sal kwalifiseer vir die Britse-grootouer-visum waarmee jy sonder beperkings in Brittanje kan werk. Gaan hierdie permit ook vervang word wanneer die puntestelsel in werking tree?

Antwoord

Die Britse-grootouer-visum, indien dié tipe visum sou voortbestaan, sal buite die nuwe puntegebaseerde immigrasiestelsel val. Volgens beskikbare inligting is daar nog geen finale besluit geneem of dié tipe visum sal voortbestaan of nie.

Ons adviseer dus kliënte wat vir hierdie tipe visum aansoek wil doen, om dit liefs vroeër eerder as later te doen.

Kontak ons gerus indien jy enige verdere vrae in dié verband het of wil aansoek doen vir dié tipe visum.