Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Chinchilla, geresenseer deur Johan Anker


Jody Nel - 2008-03-03

Nanette van Rooyen se Chinchilla mag dalk 'n aangrypende roman wees, maar Johan Anker se resensie is glad nie so aangrypend nie. Voordat die negatiewe aspekte van Anker se resensie uitgewys word, moet daar gesê word dat die man weet waarvan hy praat. Dit is heel duidelik dat Anker insig toon waaroor Van Rooyen se roman gaan.

Daar is nie juis enige probleme met die inhoud van die resensie op sigself nie. Die probleem lê wel met die tegniese aspek van die resensie. Mens moet immers “strategiese denke” gebruik wanneer jy skryf. Soms kom dit voor asof Anker nie strategies gedink het oor hoe hy moet skryf nie. Sy sinne is te lank en dit verstop die doeltreffende vloei van die resensie. Dis irriterend as mens 'n sin moet herlees totdat jy verstaan wat Anker bedoel. Anker is lief daarvoor om aanhalings te gebruik. Dis 'n goeie tegniek, maar daar is ten minste een geval waar die aanhaling nie met die res van die sin vloei nie en dit veroorsaak 'n obstruksie in die lees van die resensie. Dié soort nalatigheid van 'n skrywer is nie aanvaarbaar nie. Anker moet twee keer dink voor hy 'n metafoor gebruik. 'n Slegte metafoor is soos 'n doring in my voet; hoogs irriterend. Anker begin sy resensie met 'n lang definisie van die woord trauma. Ek weet wat trauma beteken, so daardie ses reëls is onnodig.

Anker eindig sy resensie deur metafore uit die roman van ander resensies aan te haal. Dis dalk ’n goeie idee om nie ander resensies vooruit te lees nie en dan jou resensie te skryf met slegs jou eie opinies.


Jody Nel