Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Kommentaar op Chinchilla-resensie: aangrypende roman oor trauma


E Brink - 2008-02-28

Resensie, dit is mos ʼn advertensie? Nie ʼn kom-ons-verveel-die-leser sessie nie! Die resensie deur Johan Anker oor die boek Chinchilla, wat geskryf is deur Nanette van Rooyen, het enige slaaptydstorie wat my ma al ooit vir my gelees het by verre geklop; dit was amper erger as Chemie-klasse, en dít is erg!

ʼn Openingslyn met skop het glad nie hier verskyn nie. Die probeerslaggie op ʼn alternatiewe openingsparagraaf het ook geflop en is onvanpas. Die een-sin-agtergrondskets van die skrywer word gelewer – as jy my vra maar effe flou en power. Dit word genoem dat Chinchilla haar debuutroman is, maar Nanette van Rooyen bly steeds ʼn spookgesiggie.

Die alewige gehamer op “trauma” maak my knieë net lammer! Die herhaling van dieselfde idees raak uiters eentonig. Die struktuur van die resensie is lamlendig en nadat daar teen die berg op gesukkel is, word jy nie eers met ʼn goeie oorsig verras nie. Die globale opbou is dus swak. Dit is langdradig en die styl van die resensie sluit nie aan by die hartseer, traumatiese toon van die boek nie. Dit is toeganklik en maklik verstaanbaar. Daar word genoem dat terugflitse in die boek verskyn, maar die resensie verduidelik egter nie veel oor hoe die boek gelees moet word nie.

Buiten dat daar genoem word dat Chinchilla genot aan die lesers daarvan sal verskaf, lewer die resensent nie verder opnie oor sy ervaring van die boek nie. Sy standpunt ontbreek en dis asof hy soos ʼn mossie eerder op die draad sit. Die resensie is onoorspronklik en is basies slegs ʼn oorvertelling van die boek. Dit is onafgerond en die slotparagraaf is afgerammel en eindig sommerso eensklaps.

Om hierdie resensie te lees is amper so pynlik soos Lea se ervaring van geboorte gee aan ʼn fetus. Die resensie laat ʼn nasmaak van die Blou Boek-studiegids in jou mond en dien eerder as ʼn oorvertelling van Chinchilla as kritiek. As die boek so vervelig is soos die resensie, dan sal ek liewer dophou hoe gras groei as om dit te lees!


E Brink