Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Kommentaar oor Hemelhel-resensie


LLM Hesqua - 2008-02-27

Ten eerste word die komplekse boek met die teenstrydige titel in twee resensies verdeel om dit vir die resensie-leser te vergemaklik. Net soos in die twee uiteenlopende resensies waar eers 'hel' en dan 'hemel' bespreek word, gaan daar kommentaar gelewer word op albei resensies. In 'hel' kan daar baie duidelik gesien word hoekom die resensent besluit het om dit so te noem. As motivering van die titel word daar veral gekyk na die hoofkarakter se psigiese toestand. Dit is egter soos die resensent sê, dat daar ʼn sekere omslagtigheid en ʼn tekort aan digtheid is wat die betrokke boek betref. Bv, 'Sy onvermoë om met sy seksualiteit vrede te maak'. Het dit dalk sy oorsprong in die feit dat daar volgens ʼn stereotipiese netwerk gewerk word, dat die persoon reeds deur die opvattings dat 'gay-identiteit' as ʼn sielkundige stryd gesien word moontlik tot hierdie toestand gelei het eerder as die feit dat karakter nie goed met sy ouers en lewensmaat oor die weg kom nie?

Miskien dompel hierdie persoon homself in 'hel' omdat hy deur die samelewing beïnvloed word. Die afleiding kan dus wees dat hy vir sy eie depressiewe toestand verantwoordelik is. Ek stem dus saam met die resensent dat daar geen oorspronklikheid is nie. Die resensent doen egter goeie werk om al hierdie punte uit te lig. In die tweede resensie wat 'hemel' heet, kan mens sien dat daar ʼn kontras tussen die twee resensies is.

In 'hemel' word daar veral op die positiewe aspekte van die bundel gefokus bv die boekomslag en uitleg. Daar word wel ʼn mate van digtheid geskep omdat daar presies gesê word watter tydmerkers daar in hierdie persone se lewe is. Ek stem dus heeltemal saam met die resensent dat die boek nie sonder haakplekke en tekortkominge is nie, maar reeds die kommentaar daarop lei die skrywer op in ʼn skool waar gehalte verbeter.

LLM Hesqua