Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Chinchilla-resensie: geen trauma in my ge-Anker


Janike Cronje - 2008-02-27

Met die eerste oogopslag van die resensie van Johan Anker oor die roman, Chinchilla, geskryf deur Nanette van Rooyen, weet die leser dadelik dat die roman handel oor trauma en die verwerking daarvan. Die titel is kort en kragtig. Dit stel die styl van die resensie, en ook die roman, op ʼn gepaste manier voor.

Die aanhaling van Onno van der Hart aan die begin van die resensie help die leser om die verwerking van trauma deur die karakters beter te verstaan. Dit werp lig op die keuses en optredes van die karakters (Lea, Zacharia en Bastos) wat probeer herstel na hulle onderskeie traumatiese ondervindings. Dit bied goeie agtergrond rakende die innerlike en sielkundige prosesse waardeur die karakters moet gaan om ten volle te herstel. Dus het Anker ʼn goeie keuse gemaak om van hierdie aanhaling gebruik te maak heel aan die begin van die resensie.

Anker het op ʼn geslaagde manier aanhalings uit die roman deel gemaak van die resensie om die storielyn kortliks aan die leser weer te gee. Ook hierdie poging het geslaag omdat dit die leser honger maak vir meer sulke vars en oorspronklike taalgebruik. EK het ook die voorbeelde van die “verfrissende herwinning van die idiomatiese spreektaal in die roman”, soos Anker dit noem, uiters geniet. Dit maak die leser nuuskierig oor ander sulke uitdrukkings waarmee Van Rooyen nog alles in die roman ter voorskyn kom.

Daar word ook verwys na die ruimte waarin die roman afspeel en ook na die karakterisering in die roman. Die helingsproses van die hoofkarakter, Lea, en ook die manskarakters, Zacharia en Bastos, word kortliks bespreek en daar word verwys na die maniere waarop elkeen van hierdie karakters op hulle eie, individuele manier “cope” met hulle omstandighede.

Janike Cronje