Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Anton Goosen: Met liefde ... van die Liedjieboer

Misdaad


Anton Goosen - 2008-02-25

Agter op die hotel se ID-kaartjie wat jy by Ontvangs kry, staan:

IN THE STREET:
Avoid ostentatious displays of expensive jewellery, cameras etc.
Don’t carry large sums of money.
At night, steer clear of dark isolated areas.

Die Departement van Justisie het my in die Protea-hotel, Sunnyside ingeboek. Ek moes gaan getuig in die saak teen Jose Fineche, die een gewapende rower wat gevang is na die aanval verlede jaar. Vier rowers wat uit hul sug na greed opgetree het soos hul opgetree het en met ʼn alternatiewe mindset wat die gewete onderdruk en laat glo dat gewapende roof hulle werk is. Opstaan, werk toe gaan.

Die oggend kom haal inspekteur Vermaak my om hof E toe te ry. Die staat betaal vir aandete en ontbyt, maar nie vir my vriend wat ek vir ete nooi nie, en ook nie vir die bottel rooi wyn wat ons geniet het nie. Ek boek uit en merk dat die bottel R145 gekos het. Uiteindelik kry ek hul sover om die wynlys te gaan haal, al is die restaurant gesluit. En wys hul dat die spesifieke rooi nie op hul wynlys is nie. Die een wat ons genuttig het, is ʼn derde van die prys. Ek staan en wonder by Ontvangs wie die ekstra geld vir die wyn sou gescore het. En dalk moet hulle hierdie wenk ook op die ID-kaartjie byvoeg. Hulle stel nietemin die rekening reg.

Dis ʼn gawe hotel.

Wat nie so gaaf is nie, is wat aan die lig gekom het onlangs oor ʼn vermeende misdaad wat algemeen in Suid-Afrika voorkom en wat wortel en tak uitgeroei moet word: kindermolestering. Seksmisdade soos hierdie en verkragting vind my begrip moeilik om die turn-on te verstaan. In die eerste geval sê ek al my lewe lank dat sou ek op iemand afkom wat dit aan my naaste(s) doen, sal ek moord oorweeg. Op daai oomblik. Verkragting, weer, konnekteer ek met verwerping. Hoe kan dit ʼn turn-on word as iemand jou verwerp? En ek dink nie ek het enige tyd in my lewe nog tot dusver van verwerping gehou nie. Maar om dit op te los is die beste metode vir my om weg te stap van die situasie.

Die sosioloë en psycho’s wys ʼn mens daarop dat daar allerhande studies gedoen is en dat geweld soos by reeksmoordenaars, baie hiermee te doen het.

Die sondes van die vaders.

Verlede keer kon Jose Fineche my nie in die oë kyk in hierdie selfde hof in Atteridgeville nie. Toe is die saak uitgestel, want sy prokureur was siek. Sy aansoek om borg was nie toegestaan nie. Die siek ma in Mosambiek, en die honger vrou en kinders in Diepsloot.

Sy prokureur is nie pro deo nie. Hy verdedig glo gereeld beskuldigdes soos hierdie. En Jose is nou al ʼn jaar in die tronk en iemand het genoeg geld om hierdie prokureur te huur.

Die speurder is ook verstom dat hulle al gedurende hierdie jaar in die tronk alweer gesteelde goedere by sy Diepsloot-woning gekry het. In sy afwesigheid.

“Nee, ek kan nie met sekerheid sê of dit hy was nie; ek herken hom van die vorige keer in die hof.” Hierdie slag ontmoet ons oë vlugtig. Verlede keer kon hy my nie in die oë kyk nie. Nou was dit amper pleitend. Asof ek hom kan hoop gee. Maar dis vlietend.

Die magistraat lyk na ʼn gawe man. Die staatsaanklaer vra sy vrae en onder andere wat alles geroof is. Ek dink ek het van die meeste goed onthou om te noem, maar op pad lughawe toe het ek onthou dat ek wel vergeet het van een ding wat weg was: my dignity.

En dignity? Ek het my dignity weer gevind. In Jose se geval het die polisie sy vingerafdrukke gevind.

“Nee, niemand anders in die huis het onder gewapende opdrag enigiets moes doen nie. Hulle het al vier soos ʼn bende gewerk. Elkeen sy eie taak.”

Die staatsaanklaer is tevrede. Ek dink nie sy prokureur gaan die angle van “hulle het my gedwing en dis hoe my vingerafdrukke op die televisie gekom het", meer gebruik nie. Ook nie dat hy al voorheen daar gekuier het nie. Bwah.

Die hofpolisieman en die ou wat die tapes maak, gesels so hard dat ʼn mens soms die ore moet spits.

Die magistraat vra dat ʼn mens na elke sin eers moet wag. Die tolk vertaal alles eers in Shangaan (dink ek). Vir die beskuldigde se onthalwe.

Geregtigheid moet geskied. Op ʼn stadige manier. Jose lyk maar soos elke ander mens in die straat. Ek onthou wel nou wie die bakkie bestuur het. Die ouer man. Hy.

Die ouer man is ook die een wat vir die kind ʼn lekker aanbied in ruil vir geselskap. Die sicko’s. En hierdie afwyking moet gebrandmerk en uitgeroei word. Soos ek sien hul in Amerika die buurt laat weet dat ʼn pedofiel ingetrek het. En streng voorwaardes.

Want, soos verkragting, is hierdie nie kinky nie. Die man wat in dieselfde Atteridgeville jare gelede met ʼn hoender betrap is, is ook nie kinky nie. En nog minder die lyksbesorger wat by die shebeen in Hennopsvallei gespog het met die plek in Pretoria-wes waar hy werk. Hy het gehou van die wit vroue wat ingekom het, en hulle is nog warm. ʼn Bonus. Verwerping is hier nie ʼn probleem nie.

Siek soos dit is, is die turn-on in al hierdie gevalle baie moeilik om te verstaan.

Maar nou staan Jose daar en hy lyk soos enige ordentlike Mosambiekse landsburger en nie op die oog af soos iemand wat staan en help om iemand wat lê en slaap se kop oop te slaan met ʼn rewolwer nie.

Dis die deurslag wat koue staal gee: “Work with us and we won’t kill you.”

“Shut the dog up or we’ll kill it."

Die simboliese oplek van die bloed op die kussing deur haar master’s voice.

Skye het probeer help deur op die balkon te gaan blaf om die res van die plaas te roep. Wat sy seker nie kon verstaan nie, is hoekom ek haar stilgemaak het.

Maar die stilte moet verbreek word. Die slagoffer van sekswandade moet die innerlike krag opbou om die stilte te verbreek. En verwerping is weer eens ʼn kwessie.

Buite sit ek my ipod op: Redemption speel. "Emancipate yourselves from mental slavery;
None but ourselves can free our minds."

Ek dink die hof en die see het my closure gegee. Vir gewapende roof en inbraak kan die vonnis tussen 15 en 20 jaar wees. Vir verkragting en kindermolestering is daar net twee opsies: baie langer as 20 jaar, of die fisiese deel wat die moeilikheid veroorsaak, moet medies buite werking gestel word. En voordat ek van menseregte beskuldig word, ek praat ek nie van tottie afsny nie. Maar soos wat skisofrene met medikasie gehelp kan word om in die samelewing te kan cope, moet so iets tog moontlik wees om aan die oortreder te laat doen mits dit die probleem permanent oplos.

En soos Jose se drie makkers nog op vrye voet is, so is die misdadigers tussen ons en naby … so naby soos Suzanne Vega se "Luka" en Dory Previn se "With my daddy in the attic".

Die wêreld om ons is siek, en hy word sieker soos hy ouer word. Ons land is tans stukkend en misdaad het alledaags geword.

As ouer vrees ek vir die veiligheid van my kinders in Gauteng. Alles gaan nie oornag reggestel word nie. En landuit vlug is nie die antwoord nie.

Kindermolestering is, soos alle misdaad, onvergeeflik. Dis ons as moderne samelewing se plig om hierdie probleem te help voorkom. En dat die probleem aangespreek word noudat dit in die kollig is.

Hoe ironies.

En dignity? Wanneer ʼn mens eers self ʼn slagoffer van misdaad is, dan kom jy onwillekeurig in aanraking met baie ander slagoffers. Die een gemene deler is dat hulle nie altyd maklik met “straight” mense praat nie.

“You were lucky,” het die simpatieke mense aan my vriendin gesê.

“I wasn't lucky, Anton, my two kids’ heads are fucked for life.”
So stel Dylan dit:

Fat man lookin' in a blade of steel
Thin man lookin' at his last meal
Hollow man lookin' in a cottonfield
For dignity

Wise man lookin' in a blade of grass
Young man lookin' in the shadows that pass
Poor man lookin' through painted glass
For dignity

Somebody got murdered on New Year's Eve
Somebody said dignity was the first to leave
I went into the city, went into the town
Went into the land of the midnight sun

Searchin' high, searchin' low
Searchin' everywhere I know
Askin' the cops wherever I go
Have you seen dignity?

Blind man breakin' out of a trance
Puts both his hands in the pockets of chance
Hopin' to find one circumstance
Of dignity

I went to the wedding of Mary-lou
She said, "I don't want nobody see me talkin' to you"
Said she could get killed if she told me what she knew
About dignity

I went down where the vultures feed
I would've got deeper, but there wasn't any need
Heard the tongues of angels and the tongues of men
Wasn't any difference to me

Chilly wind sharp as a razor blade
House on fire, debts unpaid
Gonna stand at the window, gonna ask the maid
Have you seen dignity?

Drinkin' man listens to the voice he hears
In a crowded room full of covered up mirrors
Lookin' into the lost forgotten years
For dignity

Met Prince Phillip at the home of the blues
Said he'd give me information if his name wasn't used
He wanted money up front, said he was abused
By dignity

Footprints runnin' cross the silver sand
Steps goin' down into tattoo land
I met the sons of darkness and the sons of light
In the bordertowns of despair

Got no place to fade, got no coat
I'm on the rollin' river in a jerkin' boat
Tryin' to read a note somebody wrote
About dignity

Sick man lookin' for the doctor's cure
Lookin' at his hands for the lines that were
And into every masterpiece of literature
for dignity

Englishman stranded in the blackheart wind
Combin' his hair back, his future looks thin
Bites the bullet and he looks within
For dignity

Someone showed me a picture and I just laughed
Dignity never been photographed
I went into the red, went into the black
Into the valley of dry bone dreams

So many roads, so much at stake
So many dead ends, I'm at the edge of the lake
Sometimes I wonder what it's gonna take
To find dignity

Copyright © 1991 Special Rider Music