Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Kommentaar op Louise Viljoen se resensie oor Die boek van toeval en toeverlaat, geskryf deur Ingrid Winterbach


Lindi Verschuur - 2008-02-18

Ek lees en ek lees weer! Ek dink en ek dink weer, maar my logiese denkprosesse laat my gruwelik in die steek en verhoed my om daardie bevredigende punt te bereik waar dinge vir my sin maak en ek presies weet waarheen ek oppad is met hierdie boek wat vir my so duister voorkom. Dit is Ingrid Winterbach se Die boek van toeval en toeverlaat. Mismoedig gryp ek na Louise Viljoen se resensie van hierdie boek.

Skielik besef ek presies hoé belangrik en noodsaaklik ʼn goeie en volledige resensie werklik is. Ek besef hoé ʼn goeie resensie die wêreld vir ʼn bewerige en angstige jong leser kan vergemaklik. Die resensie gee aan my as leser ʼn indikasie van wat ek in die boek kan verwag, maar is nie ʼn voorskriftelik oor wat ek moet voel of ervaar nie. Volgens my laat Louise Viljoen vryelik ruimte vir die leser se eie unieke interpretasie van die boek. Sy verduidelik die dieper betekenis van die boek en fokus op die hooftemas wat gevind word. Hierdie aspek van die resensie prikkel my belangstelling en word ʼn uitdaging, want gaan ek dieselfde waarde vir my geld kry of gaan ek nog meer lewenswaarhede kan ontdek?

Louise Viljoen gee haar persoonlike waardeoordeel van die boek sonder om aanstootlik voor te kom. Die styl waarin sy skryf reflekteer die aard van die boek wat volgens my meer stemmig as wulps of humoristies is. Sy verwys ook na sekere ooreenkomste wat gevind kan word tussen Die boek van toeval en toeverlaat en van Ingrid Winterbach se vorige werke. Sy gee ʼn volledige beskrywing van hoofkarakter en dit vergemaklik die begrip van die spesifieke karakter vir die leser. Haar agtergrondinligting oor die skrywer Ingrid Winterbach is ʼn komplekse bespreking wat aan die leser verduidelik hoe die skrywer te werk gaan.

Myns in siens is Viljoen se resensie van uitstekende kwaliteit.


A Carstens