Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

ʼn Ietsie vir almal


Alison Stander - 2008-02-15

Loftus Marais se eksperiment om twee resensies van die boek Hemelhel te plaas, bied nie net ʼn kritiese kykie van wat in die boek aangaan nie, maar ook ʼn opheffende blik op die boek.

Was die eksperiment geslaagd? Wel, ja, dit laat die leser op twee verskillende vlakke identifiseer met die boek, maar juis omdat die resensies so verskil van mekaar, laat dit toe dat die leser twee keer moet dink oor hoe hy of sy die boek sou oordeel. Die vraag “Met watter resensie ek as leser beter identifiseer?” sal definitief ʼn hupstoot gee aan die verkoopsafdeling, indien jy as leser wil uitvind hoe jý die boek sou resenseer.

Hel: die eerste resensie bied ʼn siening van ʼn meer kritiese bespreking van die boek: die donker, skerp kant van kritici. Reeds binne die tweede paragraaf gee dit vir jou die hoof-idees waaroor dit gaan. Dit vertel nie juis in diepte wat in die boek aangaan nie, en dit skep die indruk dat hierdie boek slegs ʼn cliché is.

Hemel daarteenoor, is, soos afleibaar, ʼn totale ommekeer van die eerste resensie. Hier kom die boek meer belowend voor, en is die woordgebruik, die karakterisering alles dit wat as problematies in die eerste resensie beskou word, as positief gesien.

Die resensie is dus soos wat Marais sê: “ ’n gepaste strategie vir ’n boek met só ’n teenstelling-titel”. Net soos die pasiënt se gemoed eendag op en eendag af is, so vind ons dit in hierdie resensie.

Dit waarsku dié wat op soek is na oorspronklikheid dat dit nie juis hier gevind sal word nie, en bied ook aanklank vir dié wat hulself in dieselfde situasie bevind as Matthys, die hoofkarakter.


Alison Stander