Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Uiteindelik ʼn resensie wat hemels is


Stephan Meyer Jnr - 2008-02-15

Liewe hemel!

Soos die spyskaart in enige kitskosrestaurant kry Loftus Marais se eksperimentele resensie oor Marthinus de Beer se Hemelhel dit reg om elke resensie-leser tevrede te stel. Jy kan immers kies watter informasie jy na die ‘komplekse leeservaring’ wil neem en, ten spyte van wat jy op die ou end van De Beer se boek dink, of dit nou hemel of hel was, Marais was reg.

Dié resensent weet dat ’n finale oordeel een van die belangrikste elemente van ’n resensie is. Enige resensie-skrywer kan gevolglik hel op aarde hê om op ’n definitiewe dis reg of bly weg te besluit (behalwe, natuurlik, as jy André P Brink of Joan Hambidge is ...), daarom kies Marais dalk om eerder om ’n allemansvriend te bly deur die hemelse van Hemelhel te besing én die hel daarvan uit te wys.

Tradisionele resensente, wat maar nog altyd ’n vasgestelde resep volg en die boerekos van resensies opdien, mag dalk dink dat Marais se eksperiment ten hemele skreeu en dat sy oordeel oor die boek tussen hemel en aarde sweef. Maar wie weet, dalk is dit hoog tyd dat die resensie ook as à la carte aangebied word.


Stephan Meyer Jnr