Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Biebouw-resensie - Glas: Twintig lekker stories


Elna Smith - 2008-02-13

Na aanleiding van die resensie van Glas van JM Gilfillan, sal ek sê dat Izak de Vries 'n baie goeie prentjie skep van die boek in geheel en baie belangrike aspekte wat die leser se keuse kan beïnvloed, aanraak. Die resensent is baie duidelik ingenome met die boek, asook met Gilfillan se vorige boeke.

Izak de Vries begin by die begin, naamlik die voorblad. Hy gee 'n duidelike uitleg van die voorblad en hoe dit van toepassing is op die boek ter sprake. Daarna begin hy om van die twintig verhale te bespreek deur die karakters en hulle hoofdoel bekend te maak aan die leser. Kort-kort vergelyk hy die tema van die boek met die storielyn in een van die verhale in die boek.

Izak het ook 'n persoonlike aanslag in sy resensie en kommunikeer op gemiddelde vlak met die leser deur nie gebruik te maak van hoë literêre jargon nie. Hy gebruik ook sy persoonlike kommentaar aan die einde van 'n paragraaf as skakel met die volgende paragraaf, al is die idee verskillend.

Izak de Vries skryf goeie resensies deur te verwys na boeke wat hom herinner aan die boek waaroor hy 'n resensie skryf. Die resensent gee ook agtergrond oor die skrywer Gilfillan se oeuvre en hoe die skrywer gegroei het sedert haar eerste boek gepubliseer is.

Oor die algemeen is dit 'n goeie stuk geskrewe werk, maar taal- en spelfoute glip aan die einde van die resensie in. Daar is wel een of twee woorde wat ek self nie in die resensie sou skryf nie omdat ek aan beter woordkeuses en meer algemene woorde kan dink wat ek eerder sou wou skryf.

Die resensent sluit sy resensie af met 'n persoonlike aanhaling van die skrywer Gilfillan waaraan die skrywer haarself meet en lewer dan sy positiewe kommentaar oor die aanhaling.


Elna Smith