Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

GENESIS 6: Almagtig


Reneé Yzel - 2008-02-11

GENESIS

6. Almagtig

Hoe slim moes U gewees het
om die samestelling presies te bepaal
wat hierdie klein klontjie sterstof
bloot deur golwing uit ’n hittestraal
met soveel deernis kon dek
om moedertjie aarde
uit haar op te wek