Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

GENESIS 2: Preludium


Reneé Yzel - 2008-02-11

GENESIS

2. Preludium

God het die groot idee
in die oerknal weergegee
enorme losbarsting van energie
baar landskappe en see
’n kodeskrif skuil langsaam
kosmopolities in atoom
ongekende wêreld van neutrone en protoon

want Hy wou hê dat lig moes wees
en daar was lig en donker
en daar was dag en nag
die son, die maan, die sterre
die ewige alfa-omega
wat strek tot die einde
van aanstons begin