Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

GENESIS 1: Skepping


Reneé Yzel - 2008-02-11

GENESIS

1. Skepping

Dis koud en donker
woes en leeg
gas-atome kloek saam
draai kolkend om en om
uit miniatuurverdigting
word ’n sliert gevorm

kolke stoot en du
vorm hitte-energie
’n soepel samesmelting baar
uit waterstofatoom ’n loot
wat angstig-angstig haar heliumhand
deur die gaswand stoot

dog haar wateraar verdor
bou gas en hitte op
presiese transformasie
beur uit haar vrugknop voort
poliepe vol atome
enig – soort by soort
van helium na koolstof,
van koolstof na suurstof en magnesium
van magnesium na neon en silikon
en van silikon na swawel
met plasentale storting
ontkolk ’n prisma lig
dog veels te klein as ster te skyn
nomadies in ’n see van spirale
haar trane d r o e f g e e s t i g
om haar sfeer gekeer
sluimerend in afwagting
op die Genesis-preludium ...