Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Glans


Pieter Engelbrecht - 2008-01-28

Glans

rooi glansarbei
rypvlees polsend
in volheid gekroon

streel die wande van my smaak
en klou jou in my asem vas
stort jou rypheid
op die bedding
van my mond

soetsuur vog
deurdrenk my tuin
tot die lus
dors
wegkwyn.