Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Resepte | Recipes

Lamsvleisbrijani-resep


Marie Ainslie - 2008-01-28

Marie Ainslie se Lamsvleisbrijani-resep vir die Pick n Pay | LitNet Virtuele Kruideniersmandjie kompetisie:

Lamvleis brijani
4 koppies basmati-rys
1 stukkie P n P kassia
2 P n P kardemonpeule
sout na smaak
1 koppie bruin lensies
2 uie in dun skyfies gesny (P n P varsgroente-afdeling
1 koppie P n P kookolie
4 aartappels geskil en in kwarte gesny (van P n P varsgroente-afdeling)

Marinade
500 ml P n P Choice natuurlike joghurt
1 blikkie P n P gekapte tamaties
2 stukkies P n P pypkaneel
4 P n P wonderpeperbessies
6 P n P naeltjies
1 eetlepel P n P fyn komyn
1 teelepel P n P borrie
1 teelepel fyngedrukte P n P gemmerwortel
2 teelepels fyngedrukte knoffel (van P n P varsgroente-afdeling)
2 eetlepels P n P masala
sout na smaak

'n knippie saffraan
125g P n P Choice botter
1 koppie kookwater

Kook rys, kassia, kardemon en sout in genoeg water om dit te bedek. Dreineer en hou eenkant. Kook lensies in genoeg soutwater om dit te bedek tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie in olie tot
goudkleurig, verwyder met 'n gleuflepel en hou eenkant. Braai die aartappels in dieselfde olie tot goudbruin, verwyder met gleuflepel en hou eenkant. Was vleis, plaas in 'n groot bak saam met helfte van die gebraaide uie en bedek met marinade. Laat minstens 1 uur lank staan. Giet olie wat vir braai gebruik is, in 'n groot kastrol. Sprinkel 2 koppies rys oor olie en rangskik vleis in marinade bo-op rys. Skep lensies, aartappels en die res van die rys in lae oor vleis. Plaas oorblywende uie bo-op aartappels en strooi saffraan oor. Stip met botter, giet water oor en bedek kastrol met digsluitende deksel. Kook sowat 10 minute oor hoë hitte. Verminder hittegraad en laat 1 uur prut of tot vleis sag is.


Stuur jou resepte met 'n paar van die volgende bestanddele na food@litnet.co.za en dalk wen jy 'n R1 000-geskenkbewys van Pick n Pay of 'n lekker kosboek van Jonathan Ball Uitgewers.

Die Pick n Pay | LitNet Virtuele Kruideniersmandjie is vol gepak met:
Large Brown Mushrooms
Brown Basmati Rice
Butternut
Pick n Pay Choice Greek Yoghurt
Red & Yellow Peppers
Pick n Pay Choice Cashew Nuts
Oranges
Pick n Pay Choice Mozzarella
Fresh raspberries
Pick n Pay Four Seasons Salad Pack


<< Terug na die resepte <<