Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Hoe kwalifiseer mens vir 'n tweejaar-werkvakansievisum? Breytenbachs vertel


Hannes Breytenbach - 2008-01-18

Vraag

Ek wil baie graag in Engeland gaan werk met die tweejaar-werkvakansievisum waarmee so baie mense oorsee gaan. Hoe kwalifiseer mens hiervoor en wat is die reëls rakende werk met die visum?

Antwoord

Om te kwalifiseer moet jy aan die volgende vereistes voldoen:

  • Jy is tussen 17 en 30 jaar oud.
  • Jy is ‘n burger van ‘n Statebondsland (Suid-Afrika is wel ‘n Statebondsland), Lesotho uitgesluit, of jy is 'n Britse Oorsese Burger of Britse Territoriale Oorsese Burger.
  • Jy wil na die VK gaan vir ‘n uitgebreide vakansie, met die doel om ook te werk gedurende hierdie tydperk, maar slegs aanvullend tot jou vakansie.
  • Jy kan jouself onderhou en akkommodeer sonder om gebruik te maak van openbare fondse.
  • Indien jy getroud is, moet albei partye aan die ouderdomskriteria voldoen en saam reis.
  • Jy mag geen afhanklike kinders bo die ouderdom van vyf jaar hê of wat die ouderdom van vyf jaar sal bereik gedurende die werksvakansie nie.
  • Jy moet kan betaal vir die retoerkaartjie terug na Suid-Afrika.
  • Jy moet van plan wees om die VK te verlaat na afloop van die werksvakansie.

Die werksreëls van die tweejaar-werksvakansievisum bepaal dat jy vir slegs 12 maande van die 24 maande waarvoor die visum toegeken is, mag werk. Die werk wat jy doen, mag ook streng gesproke nie jou loopbaan bevorder nie en slegs aanvullend wees tot jou werksvakansie. Verder mag jy nie in besigheid betrokke raak of dienste lewer as 'n professionele sportpersoon in die VK terwyl jy op die visum is nie.

Dit is ook raadsaam om daarvan kennis te neem dat daar wel ander visums vir professionele jong persone is wat eerder op soek is na ‘n visum wat hul sal toelaat om hul loopbane in die VK voort te sit.

Kontak ons gerus indien jy enige verdere vrae in dié verband het.


Vir nog vrae en antwoorde oor woon en werk in die VK, klik hier.

Het jy enige vrae of wil jy vir ‘n Britse permit aansoek doen? Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com.