Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Resepte | Recipes

Die Pick 'n Pay | LitNet Virtuele Kruideniersmandjie: Wini Esterhuizen se resepte vir Desember


Wini Esterhuizen - 2008-01-07


'n Kiekie van die produkte wat ek vir my resepte gebruik het.


VOORGEREG




Kalkoen, gemaalde hoender en songedroogde tamatietertjies

'n Paar velletjies Pick 'n Pay Filodeeg
100 g gekapte kalkoen (Ek het so 'n halwe Pick 'n Pay kalkoenboud gebruik.)
100 g Pick 'n Pay se gemaalde hoender
8 Sun-dried Tomato Quarters van Ina Paarman. Pick ’n Pay verkoop Ina se produkte.
Een bakkie roomkaas wat met gerookte ham gegeur is (230g)
'n Bietjie gesmelte botter. Pick 'n Pay het 'n heerlike verskeidenheid botter om van te kies.
'n Knippie origanum, 'n knypie vars Parmasankaas en 'n bietjie varsgemaalde swartpeper

Metode

Meng die gekapte kalkoen, gemaalde hoender, gerookteham-roomkaas en gekapte songedroogde tamaties saam in 'n mengbak. Smeer 'n muffinpannetjie met gesmelte botter en pak so drie lagies filodeeg in die holte van die pannetjie. Smeer elke lagie deeg met gesmelte botter. Skep die holtes vol van die kalkoenmengsel. Strooi 'n bietjie origanum, swartpeper en 'n bietjie gerasperde Parmesankaas oor elke tertjie. Bak ongeveer 20 minute in 'n voorverhitte oond teen 180°C.

Maak kiwivrugkonfyt terwyl die tertjies in die oond is.


Kiwivrugkonfyt


200 g suiker
200 g kiwivrug, geskil en gekap
125 ml water

Metode:

Gooi alles in die pot. Los die suiker op voor die mengsel kook. Laat prut die mengsel vir 'n tydjie sonder om te roer.

Sit 'n tertjie op elke bord. Sit van Pick 'n Pay Foodhall se Calamata-olywe en Pick 'n Pay Foodhall se gekruide fetakaas op die bord. Sit ook stukkies Danish Blue Cheese (Rosenborg) op die bord. Gooi 'n bietjie Pick 'n Pay Choice Greek Yoghurt om die tertjie en sit 'n bietjie kiwikonfyt op die bord. Jy kan jou bord versier net soos jy wil.


HOOFGEREG



Plat kerriekoekies, kiwivrug en repies pitabrode



Pienk sous en groen sous

30 ml Pick 'n Pay No Name Sonneblomolie
5 ml gemaalde komyn (cumin)
5 ml Green Curry Paste (verkrygbaar by Pick 'n Pay)
5 ml Red Curry Paste (verkrygbaar by Pick 'n Pay)
1 blik Coconut Milk
5 ml Ina Paarman's Beef Stock Powder
10 ml Sojasous
15 ml Thai-vissous
5 ml afgespoelde Groenpeperkorrels (ingemaak)
10 ml mielieblom

Metode

Maak sonneblomolie warm in 'n pan. Voeg die komyn, Ina Paarman se beesaftrekpoeier, sojasous, vissous, groenpeperkorrels en kokosneutmelk in die pan. Maak deur warm. Verdik met die mielieblom. Deel die sous in twee. Gooi die groen kerriepasta by die een helfte van die sous en die rooi kerriepasta by die ander helfte van die sous. Roer deur en hou warm.


Kerriekoeke

1 Groot ui van Pick 'n Pay Foodhall
30 ml botter
1 kg gemaalde beesvleis van Pick 'n Pay se Foodhall. (Ek het die "lean beef mince" gebruik.)
4 dik snye Pick 'n Pay witbrood geweek in 'n bietjie water waarby 5 ml van Ina Paarman se Beef Stock Powder gegooi is
4 gekapte Pick 'n Pay Foodhall se knoffelhuisies
5 ml fyngemaakte, vars gemmer. Ook beskikbaar by Pick 'n Pay se Foodhall.
5 ml kerriepoeier
2 ml fyn komynsaad
5 ml Pick 'n Pay Choice borrie
5 ml fyn koljander
Varsgemaalde Pick 'n Pay Choice peperkorrels

Metode

Braai die uie, gemmer en knoffel in die sonneblomolie tot sag. Voeg al die kerrie en speserye by en braai vir 'n minuut of twee. Verwyder pan van hitte.

Gooi die uiemengsel by die gemaalde beesvleis. Gooi die brood by die mengsel.

Maak plat koekies. Maak 'n riffelpan baie warm. Smeer 'n spatseltjie botter op die riffelpan. Braai die kerriekoeke tot gaar. Braai 'n pakkie Pick 'n Pay Foodhall groot bruin sampioene in botter tot gaar.

Neem een pakkie van Pick 'n Pay se pitabrode. (Daar's ses brode in 'n pakkie.) Braai die brode liggies op 'n riffelpan en sny in stroke. Elke persoon kry een pitabrood wat in stroke gesny is en mooi in 'n glasie staan.

Neem een blik lietsjies en stop hulle bekkies vol peppadew-konfyt (verkrygbaar by Pick 'n Pay).

Sit 'n kerriekoek op elke bord. Gooi rooisous en groensous om die koekie. Gooi 'n bietjie Pick 'n Pay Choice Greek Yoghurt op die bord. Sit 'n paar lietsjies op die bord, en snytjies kiwivrugte. Gooi 'n bietjie kiwikonfyt (reeds vir die voorgereg gemaak) op die bord. Sit 'n halwe piesang op die bord en bedien.

Die pitabrode word saam met die sous geëet.


NAGEREG



Verleidelike Appeltjies


'n Paar Pink Lady-appels (Gekoop by Pick 'n Pay se Foodhall)
Kiwikonfyt (klaargemaak vir die voorgereg). Kiwivrugte is by die Pick 'n Pay Foodhall gekoop.
Pick 'n Pay Choice Greek Yoghurt
Pick 'n Pay Choice Raw Almonds
Suiker

Maak 'n holte in elke appel as jy die pitte uithaal. Stop 'n eetlepel kiwivrugkonfyt in elke appel. Draai elke appel in 'n stukkie tinfoeliepapier toe en bak die appels in 'n voorverhitte oond teen 180°C.

As die appeltjies sag is, haal dit uit die oond. Laat afkoel. Maak die gebakte appelmoes lekker los met 'n lepel in elke appel. Skep nou 'n eetlepel Pick 'n Pay Choice Greek Yoghurt in elk appel. Gooi ook 'n teelepel gekapte Pick 'n Pay Choice Raw Almonds in elke appel. Gooi nog 'n teelepel kiwivrugkonfyt in die appeltjie. Bedien dit met nog joghurt, kiwivrugskywe en heel amandels.

Versier die poeding soos jy wil. Ek het dit met suikerspirale en 'n teelepeltjie wat ek van gesmelte suiker gemaak het, versier.



Tydens ons ete het ons 'n glasie Von Loveren Sauvignon Blanc op vriendskap geklink!


Dis ons naaste Pick 'n Pay, in Wernhil Park in Windhoek. Dit word die Pick 'n Pay Model Family Store genoem.

Stuur jou resepte en navrae aan food@litnet.co.za. Klik hier vir die kompetisiereëls en hierdie maand se bestanddele.