Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Kennisgewings | Notices

Lux Verbi-boeke met die stuur van 'n SMS


2007-12-07



'n Keuse van Lux Verbi-boeke is nou beskikbaar om afgelaai te word op jou selfoon, en is 'n eerste in die Christelike boekebedryf.

Die pas waarteen ons lewe versnel elke dag, en daarom wil Lux Verbi ons produkte nou meer toeganklik vir lesers maak. Lux Verbi is trots om Lux Verbi Mobile bekend te stel, wat beteken dat sommige van ons boeke nou op jou selfoon gelees kan word deur 'n sleutelwoord na 31602 te SMS teen 'n koste van R40. Die sleutelwoord is gekoppel aan die spesifieke boek wat jy wil aflaai en kan by www.luxverbimobile.co.za gekies word.

Die eerste drie boeke wat tans beskikbaar is op Lux Verbi Mobile sluit in Solly Ozrovech se splinternuwe dagboeke Wandel digby Christus en die Engelse weergawe Closer to Christ, asook Die klein aanhalingsboek, propvol wyse woorde. Met Lux Verbi se splinternuwe selboeke kan ons Christelike leesstof saamgeneem word, waar jy ook al gaan.

Wandel digby Christus Closer to Christ
Die klein aanhalingsboek
In 'n winkel: R109.95
Op jou selfoon: R40
Off the shelf: R109.95
On your cellphone:
R40
In 'n winkel:
R49.95
Op jou selfoon: R40


Hou die webwerf dop – nuwe boeke sal binnekort ook vir aflaai beskikbaar wees.


Spesiaal vir LitNet-lesers!

Die eerste vyf lesers wat hul selnommers aan conette@luxverbi-bm.co.za e-pos kan ʼn gratis selboek wen! Kies tussen Wandel digby Christus van Solly Ozrovech of die Engelse weergawe, Closer to Christ.