Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Resepte | Recipes

Die Pick 'n Pay | LitNet Virtuele Kruideniersmandjie: Trisa Hugo se resepte


Trisa Hugo - 2007-10-17

Voorgereg: Salmon Parcels



100 g Pick ‘n Pay Food Hall Fish Shop Norwegian Smoked Salmon
10 ml ui, baie fyn gekap
½ avokado, fyngedruk
½ bakkie (125 g) Pick ‘n Pay Choice Low Fat Cottage Cheese
½ bakkie Pick ‘n Pay Choice Double Cream Greek Style Yoghurt
5 ml vars suurlemoensap
1 ml sout

Voer 4 Ramekins uit met skyfies salm, sodat dit oor die kante hang.
Meng res van bestanddele, verdeel in vier en druk vas in bakkies.
Vou salmkante oor sodat avokadomengsel bedek is met salm, sodat dit ʼn pakkie vorm.
Laat in yskas vir ʼn paar uur.

Om te bedien, plaas ʼn laag slaaiblare van enige van die pakkies Pick ‘n Pay Foodhall-slaai, hulle is heerlik vars. Ek het Watercress, Rocket, Red Chard & Mizuna gebruik.

Keer die salmpakkie uit in die middel van die bordjie slaai en versier verder met Pick ‘n Pay Foodhall Alfalfa Sprouts, Pick ‘n Pay Foodhall Soaked Peanuts, en Pick 'n Pay Choice Groen Olywe.

Bedien met ʼn broodwiel (resep volg).


Voorgereg: Broodwiele



Rol 500g klaarvoorbereide brooddeeg (te kry in Pick ‘n Pay se bakkery) dun uit. Strooi met:

Pick 'n Pay Choice Streaky Bacon, in stukkies gesny en liggies gebraai, gekapte uie, fyngekapte knoffel, Pick 'n Pay Choice Groen Olywe, repies peppadew.

Rol die deeg op in ʼn rol en sny in skywe. Plaas op bakplaat en laat 30 minute rys.

Bak tot goudbruin in voorafverhitte oond by 200°.


Hoofgereg



Kook 1 koppie Pick ’n Pay Choice Basmati Rice volgens die aanwysings op die pak.

Braai vir elke persoon 1 stuk Free-range Turkey Breast Steak liggies in Pick ’n Pay No Name Sunflower Oil.

Kook Pick ‘n Pay Foodhall Asparagus vir 3 minute in ʼn bietjie soutwater. Gooi water af en smelt ʼn klont botter oor.

Bedien met die volgende sous:

Kook 1 groot hoenderlewer (Pick ‘n Pay No Name Chicken Liver) en 3 vars knoffelhuisies in 125 ml Du Toitskloof Sauvignon Blanc tot lewer net gaar is.
Roer by een klein bakkie Pick ’n Pay Choice Plain Yoghurt, 2 ml sout, 10 ml suiker en genoeg paprika om mooi kleur te gee.
Verhit tot kookpunt.
Maak fyn in voedselverwerker tot heeltemal glad, en skep terug in pot.
Roer 125 ml Pick ’n Pay Choice Thick Cream by en verhit weer tot kookpunt.
Roer tot glad.

Versier met wortelskyfies wat vir ʼn paar sekondes in Pick ’n Pay No Name Sunflower Oil gebraai is, vars koljanderblare, en paprika oor sous.

Bedien met Du Toitskloof Sauvignon Blanc-wyn.


Nagereg



Druk met jou duim ʼn holte in een heel Pick ’n Pay Choice Camembert. Vul met heuning. Sit vir 10 minute in oond by 180°, totdat kaas sag is.

Versier met vars Pick ’n Pay Foodhall-aarbeie, repies liggies gebraaide Pick ’n Pay Cheese Cremona Haloumi Cheese, en bedien met die volgende stroop:

Kook 250g Pick ’n Pay Choice Frozen Assorted Berries in 125 ml water.
Sodra mengsel kook, voeg 5 ml vlapoeier wat met 10 ml suiker en ’n bietjie water gemeng is by.
Laat weer opkook. As stroop te soet is, voeg ʼn paar druppels suurlemoensap by.

Bedien met klein glasies Swartland Tinta Barocca.

Resepte en foto’s deur Trisa Hugo. Kos beproef en goedgekeur deur John Hugo.


Stuur jou resepte en navrae aan food@litnet.co.za. Klik hier vir die kompetisiereëls en hierdie maand se bestanddele.