Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Vryepoort > Afrika Afrikaan Kapittels

Potchefstroom Kapittel


Steven Bosch - 2006-08-09

Na aanleiding van die kapittel wat op 28 Mei in Potchefstroom gehou is, het ek besef hoe nodig dit is dat meer gesprekke soos hierdie op plaaslike forum plaasvind.

Natuurlik is die kwessies wat ons as jongmense raak, breedweg dieselfde, maar vanuit 'n gesprek wat Fokofpolisiekar as sterk vertrekpunt gehad het, is dit duidelik dat die jeug van Potchefstroom (wel, ten minste diegene wat daar was) krities dink oor waardes en wie namens ons daaroor besluit.

Die Afrikaanse jongmens van vandag is nie iets wat in boksies gedruk behoort te word nie. Ons is ook nie mense wat daarin wil wees nie. Dit wil voorkom asof ons juis ook in terme van identiteit meer wil kan besluit oor waar ons onsself plaas. Die uiteinde is dat die jongmens van vandag eerder beweeg na 'n plek waar ons gemaklik kan wees, en nie in die bedreigings van ons eie keuses wil beweeg nie. Die groep het dan ook na moontlike kwessies van klas, kultuur en waardes gekyk om daardeur sin te probeer maak uit waar ons vandag in Suid-Afrika staan.

Hoewel ons in 'n tyd van breë apatie leef, was die kapittel nooit stil of vervelig nie. Die plaaslike gesprek het juis gewys dat ons meer gereeld moet praat, meer gereeld moet sin praat, maar ook meer na mekaar moet luister.